Roos­ta­ke vir el­ke streek in De­sem­ber

Tuis - - TUINDAGBOEK -

So­mer­re­ën­streek Maak t­wee keer ’n week goed nat, spuit el­ke t­wee we­ke met ’n meng­sel van Chro­nos en Lud­wig’s In­sect S­pray teen swart­vlek en plae. Haal groot ke­wers met die hand af en ver­suip hul­le in ’n em­mer wa­ter. Be­mes met Vi­goro­sa. As jy weg­gaan met va­kan­sie, knyp al die knop­pe af wat waar­skyn­lik gaan blom wan­neer jy weg is; só neem die roos min­der wa­ter op.

Win­ter­re­ën­streek S­trooi de­klae, en as dit baie warm is, maak t­wee of drie keer ’n week vroeg­og­gend nat om die ro­se koel te hou. Maak om die beurt nat met boor­gat- of grys­wa­ter en mu­ni­si­pa­le wa­ter. Spuit met ’n meng­sel van Lud­wig’s In­sect S­pray en Chro­nos of wis­sel dit af met Ro­se Pro­tec­tor (ook ’n meng­sel) teen plae en siek­tes. Deur­drenk die on­der­kant van bla­re met ’n dub­bel­do­sis Lud­wig’s In­sect S­pray teen rooi­spin­ne­kop. Be­mes aan die ein­de van die maand met Vi­goro­sa en maak ag­ter­na goed nat.

La­e­veld en K­waZu­lu-Na­tal­se kus Maak min­stens t­wee keer ’n week nat en be­mes aan die ein­de van die maand. Hou aan om dooie blom­me af te sny ten ein­de nu­we ste­le aan te moe­dig. Spuit met ’n meng­sel van Lud­wig’s In­sect S­pray, Chro­nos en Pi­can­ta (’n kleef­mid­del) teen siek­tes en plae. Roei groot ke­wers uit deur met Plant Ca­re te spuit of ver­suip hul­le in ’n em­mer wa­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.