Min plan­te blom so geil oor die fees­tyd soos ’n kris­mis­roos.

Tuis - - LESERTUIN -

En in A­de­le se ruim tuin in Jo­han­nes­burg is daar ’n oor­vloed van dié ska­du­plan­te wat in die hoog­so­mer oor­vloe­dig blom. Saam met ’n ver­skei­den­heid ro­se – haar an­der groot lief­de – is haar tuin rond­om Kers­tyd ’n skou­spel van kleur en geur.

“Ek is ge­luk­kig dat daar in my tuin oor­ge­noeg plek in die son so­wel as die ska­du is om al­bei in oor­vloed te hê.”

Nie dat e­nig­een van dié t­wee plan­te op die werf was toe die Van S­ta­dens elf jaar ge­le­de die ei­en­dom ge­koop het nie. “Met ons in­trek was hier hoof­saak­lik groot bo­me, strui­ke en a­ga­pan­te. Die huis is oor­spronk­lik in 1893 ge­bou en die t­wee prag­ti­ge ja­ka­ran­das, ’n soet­ka­suur (Hy­me­no­s­porum fla­vum) en t­wee Ro­bi­nia pseu­do­a­ca­cia ‘F­ri­sia’-bo­me in die tuin staan ver­moe­de­lik reeds van die be­gin­ja­re af hier.

“Ons het aan­vank­lik ’n ge­deel­te van die ei­en­dom in er­we ver­deel en ver­koop. Die bed­dings in die oor­bly­wen­de ge­deel­te het ek al­mal van nuuts af oor­ge­maak,” ont­hou A­de­le.

“Aan­vank­lik het Tra­cey Good­win, ’n nou af­ge­tre­de land­skap­ont­wer­per, my ge­help met die uit­leg van die tuin. Sy het my eer­ste ro­se, die ‘I­ce­bergs’ langs die ten­nis­baan, ge­plant. Sy het ook nog a­ga­pan­te en nies­kruid (Hel­le­bo­rus) ge­plant, wat na­tuur­lik ’n hoog­te­punt is in my win­ter­tuin. Baie van die A­be­li­as met hul bla­re in ver­skil­len­de ska­ke­rings van groen is ook aan haar te dan­ke.”

Se­dert 2010 het A­de­le en Sa­tiy­e­re Gond­we, haar reg­ter­hand in die tuin, self in­ge­spring. A­de­le het rof­weg plan­ne ge­te­ken en Sa­tiy­e­re het die bed­dings met tou uit­ge­lê so­dat hul­le kon sien hoe dit gaan lyk. Daar­na het sy op die kleur­ske­ma en die keu­se van plan­te vir el­ke bed­ding be­sluit. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.