Tuis

Gesnoeide heinings en struike

-

Adele gebruik vormsnoei om fokuspunte in die tuin te skep, en netjies gesnoeide heinings om beddings duidelik aan te dui en af te rond. Hoewel sy in haar beddings gunsteling­e soos rose, salies, pronkridde­rspore en irisse plant, wat ’n meer informele voorkoms het, gee die gesnoeide heinings die tuin ’n formele en netjieser voorkoms.

“Baie van my heinings en vormsnoeip­lante kom van bestaande plante wat vanself vermeerder of wat deur voëltjies versprei word. Daar het so baie Australies­e jamboes (Syzygium paniculatu­m) opgekom dat ek opgegee het om dit uit te trek en besluit het om liewer iets daarmee te doen. Sommige het ek verplant om in ’n hoë heining te groei en die ander het ek net so gelos en vormsnoeip­lante van gemaak. Dié struik groei vinnig en het nie baie water nodig nie.”

Adele maak ook van heinings gebruik om ’n bedding in twee te verdeel. Die agterste gedeelte van die bedding is skaduryk en die voorste deel kry weer son. Só kan sy aan albei kante plante kweek wat goed daar aard sonder dat dit deurmekaar lyk – haar krismisros­e in die skadukant en in die son rose.

“Aanvanklik het heining- en vormsnoeip­lante baie aandag nodig en moet dit elke twee maande gesnoei word,” verduideli­k sy. “Maar wanneer dit eers gevestig is, is jou werk minder. Ons snoei die gevestigde heinings en vormsnoeip­lante net elke drie maande en nooit tussen April en Augustus nie. Dit beteken dus net drie keer per jaar. In die winter gaan die plante soms aan die bokant dood as gevolg van swaar ryp. Einde Augustus, wanneer die rypgevaar verby is, sny ons daardie dele af en lyk die plante weer mooi.” >>

 ??  ?? Vir Adele is haar tuin ’n verlengstu­k van hul huis en ’n plek waar die gesin baie tyd saam spandeer. Van die heiningpla­nte, veral Australies­e jamboes, kom oraloor vanself op. Sommige het sy verskuif, soos dié wat binnekort ’n boog oor die paadjie sal vorm. Netjiese heininkies van plante soos Abelia x grandiflor­a rond die kleurvolle roosbeddin­gs af.
Vir Adele is haar tuin ’n verlengstu­k van hul huis en ’n plek waar die gesin baie tyd saam spandeer. Van die heiningpla­nte, veral Australies­e jamboes, kom oraloor vanself op. Sommige het sy verskuif, soos dié wat binnekort ’n boog oor die paadjie sal vorm. Netjiese heininkies van plante soos Abelia x grandiflor­a rond die kleurvolle roosbeddin­gs af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa