... en ro­se net waar jy kyk!

Tuis - - LESERTUIN -

A­de­le plant haar ro­se met kleur en geur as rig­lyn. Hier is haar guns­te­lin­ge: • An­ti­co Mo­der­no-ro­se in pas­tel­kleu­re, soos ‘Der­ma­lo­gi­ca Pas­si­on’, ‘Una van der S­puy’, ‘Lyn Kep­pler’ en ‘Ro­ber­to Ca­puc­ci’. Ek hou baie van dié ti­pe roos, om­dat dit soos ou­wê­reld­se ro­se lyk, maar die ei­en­skap­pe van mo­der­ne ro­se het. Hul­le blom her­ha­lend deur die sei­soen en die mees­te ruik heer­lik! Saam met dié ro­se plant ek graag ar­ti­sjok­ke en pas­tel­kleu­ri­ge i­ris­se wat die ro­se se kleu­re kom­ple­men­teer. • ‘Ot­to de Ja­ger’ is ’n prag­ti­ge ker­sie­rooi roos wat net aan­hou en aan­hou blom. Daar is soms tot twin­tig ro­se aan een plant, met blom­kop­pe so groot soos pie­rings. • My mees ge­lief­de rooi roos is ‘Mis­ter Lin­coln’. Dit het prag­ti­ge groot, geu­ri­ge blom­me in ’n on­ge­loof­li­ke kleur. Dié roos kom­bi­neer ek met don­ker­pers i­ris­se en blou a­ga­pan­te. • In die bed­dings by ons slaap­ka­mers het ek net lek­ker­ruik-ro­se. Ek het ‘Pe­op­le’s P­rin­cess’, ‘Por­ce­lain’, ‘Me­moi­re’, ‘New Ze­a­land’ en ‘Graaf-Rei­net’ – drie van elk – in dié bed­dings ge­plant. Ter­wyl die son on­der­gaan, is dié ro­se op hul geu­rig­ste! • Ro­se met meer as een kleur in die blom is ook vir my mooi. Ek het on­der meer ‘Ro­sa Roe­de­an’, ’n pienk roos met wit stre­pe; ‘Can­dy S­tri­pe’, met don­ker- en lig­pienk stre­pe, en die pers ‘Bur­ning Sky’ met hel­der­pienk op die rand van die blom­bla­re. • Oor roos­boë in een deel van die tuin word ‘Sal­mon Pa­na­ro­sa’ en ‘Ed­gar De­gas’ af­ge­wis­sel. El­ders ver­sier rooi ran­kers soos ‘Ar­chbis­hop Des­mond Tu­tu’, ‘Don Ju­an’ en ‘C­rimson Glo­ry’ ’n vol­gen­de stel boë wat jou na die vorm­snoei­tuin lei. • An­der guns­te­lin­ge is ‘Ro­se­ma­ry Lad­lau’, ‘Ri­na Hugo’, ‘Gar­den Qu­een’, ‘O­kla­ho­ma’ en ‘Dou­ble De­lig­ht’. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.