Tuis

Quinoa-broccoli-en-spekslaai

Onder R135 • Genoeg vir 4 ruim porsies as hoofgereg Bereidings­tyd: 40 minute • Gaarmaakty­d: 35 minute

-

• 250ml spekrepe, gekap • 125ml gemengde rooi en wit quinoa • 250ml hoenderaft­reksel • sowat 120g peulertjie­s • sowat 120g langsteelb­roccoli • 125 ml romerige mayonnaise • 15ml suiker • 45ml appelasyn • ’n bossie grasuie, gekap • 125ml pekanneute, gerooster en gekap • 2 koppe cos- of ander bros blaarslaai

1 Braai die spek in ’n pot met ’n digsluiten­de deksel tot lekker bros, sonder om enige olie by te voeg. Skep die spek uit, maar behou die vet in die pot. Roer die quinoa by en roer deur. Voeg die aftreksel by en bring tot kookpunt. Draai die hitte af en laat prut rustig vir sowat 20 minute of tot gaar.

2 Blansjeer die ertjies en broccoli deur dit vir ’n minuut of twee in kookwater te dompel en daarna in yswater te verfris. Jy kan dit ook stoom as jy dit minder bros verkies. Klits die mayonnaise, suiker en asyn saam en geur met sout en peper.

3 Om saam te stel, meng die groente met die quinoa en mayonnaise, strooi die spek, grasuie en neute oor. Breek die blaarslaai in afsonderli­ke blare en maak seker dit is gewas en goed droog. Skep die slaai in die blaarbakki­es of meng eenvoudig die blare deur. Smul dadelik voor dit pap word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa