My peet­kind is bek­kig.

Tuis - - HALLO - re­dak­[email protected]

Sy’s 11, en uit haar mond gaan nog ’n he­le boek vol snaak­sig­he­de val. T­jok­vol spits­von­dig­heid, daai een.

Nou een dag kerm sy by my ma oor iets. Ou­ma, flink op pad 80 toe, is krap­pe­rig en ra­de­loos, en hap kwaai in Le­a­ke se rig­ting: “Man, doen net wat jy wil,” sê sy kort-af.

Waar­op Le­a­ke ant­woord: “W­hen a la­dy says: Do w­ha­te­ver you want, rat­her ta­ke a deep bre­ath and do no­thing.” Wat is daar­die spreek­woord? Uit die mond van die sui­ge­ling ... Dis ook sy wat een­dag vir die ar­me la­bra­dor ge­sê het: “Staan een­kant, jy’s in my beau­ty s­pa­ce”; en by haar pa ge­neul het dat hul­le ’n gro­ter kar moet koop, want dan kan haar sus­ters “doer ag­ter in Har­ten­bos” sit, en sy “heel voor in S­tel­len­bosch”, so­dat sy in vre­de op haar eie kan wees wan­neer die ge­sin ie­wers heen ry.

(Vin­ni­ge voet­no­ta: Ou­ma is ook nie op haar mond ge­val nie. Nou een aand slaap sy en Le­a­ke oor, en voor slaap­tyd bid my ma hard­op vir die twee. Le­a­ke moes aan die vroe­tel ge­raak het, en in die mid­del van die se­di­ge ge­bed sê my ma skie­lik, in haar kwaai ou­ma­stem: “Le­a­ke, sit nou stil, dat ek kan klaar bid” – en toe gaan sy on­ver­stoord in haar kerk­stem voort met die lang lys be­hoe­wen­des wat sorg van bo no­dig het.)

Maar te­rug na my peet­kind se eer­ste wys­heid: “Rat­her ta­ke a deep bre­ath ...” Goeie raad so aan die be­gin van ’n nu­we jaar, of hoe? Want ek dink ons moet ons maar reg­maak vir ’n paar stam­pe en sto­te in die jaar wat voor­lê. Ons het ’n na­si­o­na­le ver­kie­sing, die rand kreun, pe­trol was toe nie half­prys op Black F­ri­day nie ...

Maar man, dis vir my lek­ker hier. En aan mooi en goeie din­ge is daar geen te­kort nie. Kyk dan nou net die prag­ti­ge see-hui­se in dié uit­ga­we: Ja­cobs­baai, Lan­ge­baan, A­gul­has, S­til­baai en die piep­klein plek­kie in S­car­borough dig­by Kaap­punt.

En dan Ra­mo­na A­fon­so se tuin in Jo­han­nes­burg. Sy en haar man was in 2017 die naas­wen­ners in Re­gruk met Flair, en toe El­za, ons fo­to­graaf in Jo­han­nes­burg, des­tyds hul kom­buis gaan af­neem, bel sy ag­ter­na op­ge­won­de en ver­tel: “Ne­wer­maaind die kom­buis, jy moet hul­le tuin sien!” En so­waar – ’n ge­sin wie se flair in én om hul huis sig­baar is. Ra­mo­na het som­mer vir ons ge­kook ook; haar han­de staan dui­de­lik vir niks ver­keerd nie. Kyk en ge­niet op bl. 102.

Maar die eint­li­ke hoog­te­punt in dié uit­ga­we is ’n k­lein ju­weel­tjie – ’n le­sers­brief oor ’n tuin­tjie in die towns­hip S­har­pe­vil­le. Su­zet­te Nor­tjé skryf hoe sy toe­val­lig op die lief­li­ke o­a­se af­ge­kom het, en vir Sa­mu­el T­ho­koa plan­te en an­der tuin­goed aan­ge­dra het oor hy iets ge­maak het uit niks.

Jy weet, ons praat en skryf en kla te veel oor als wat sleg is. Dis se­ker on­ver­my­de­lik. Maar van­jaar is die jaar dat ons ge­rus meer dik­wels kan praat oor dit wat ook goed is. Han­ne­li Den­ner stel dit so mooi oor hul droom­huis op Ja­cobs­baai. “Ons is ge­luk­kig hier. Ons het net een le­we en ons glo: Lééf dit! Van­dág is mos goed!’’

Mag dit vir jou ook waar wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.