Tuis

Feetjie-crassula

-

(Crassula multicava)

Neville en Anja Crassula multicava is ’n geharde grondbedek­ker wat goed aard in klam of droë dele en in ligte tot diep skaduwee. Dit is die perfekte oplossing vir moeilike beddings onder bome – plant ’n massa bymekaar om ’n pragtige vertoning te maak. Dit blom van Mei tot November en gee in die wintermaan­de kleur met hul fyn, stervormig­e blommetjie­s.

Die plakkie lyk ook mooi in potte en groei maklik van steggies – breek net ’n takkie of selfs ’n blaartjie af en druk dit in die grond. Dis ’n vinnige groeier en sal in droë tye oorleef.

 ??  ?? Dié maklike groeier werk goed in skadukolle wat min water kry.
Dié maklike groeier werk goed in skadukolle wat min water kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa