Groen lief­de

Tuis - - TUINDAGBOEK -

Die G­riek­se fi­lo­soof A­ri­sto­te­les het die eer­ste keer ver­wys na “bi­o­fi­lie” – ’n ver­wy­sing na “’n lief­de vir die le­we of le­wen­de stel­sels”. Daar­na het die psi­go­a­na­lis E­ric Fromm dit in 1973 ge­bruik om te ver­wys na “’n lief­de vir al­les wat le­we”.

Die be­grip is steeds re­le­vant, en bin­ne die kon­teks van ont­werp ver­wys dit na die nei­ging om ste­de en ste­de­li­ke land­skap­pe na­der aan die na­tuur te bring – meer bo­me skep meer ska­du en ver­be­ter die lug­ge­hal­te; meer groen ruim­tes in die vorm van par­ke (groot of k­lein) be­voor­deel in­wo­ners; en ver­ti­ka­le en dak­tui­ne ver­koel ge­boue.

Jo­han­nes­burg is een van 45 ste­de wê­reld­wyd wat by die Wê­reld­hulp­bron­in­sti­tuut se Ci­ties4Fo­re­st­s­i­ni­si­a­tief aan­ge­sluit het met die doel om dié ste­de­li­ke woud te be­waar en her­stel. Wê­reld­wyd hou in­fes­ta­sies van die boor­ke­wer uit A­sië ’n groot be­drei­ging in vir wou­de, ook die bo­me van Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.