Tuis

Take vir die maand

-

• Vir ’n skouspel van kleur laat in die somer, plant afrikaners, salie, jakobregop­s en Vinca. • Gee struike en rankers ’n ligte somersnoei as hulle te groot geraak het vir hul ruimte. • Waar bome keer dat sonlig plante op die grond bereik, kan jy een of twee van die laer takke verwyder; doen dit op ’n sonnige dag sodat jy weet presies watter takke om af te saag – en pasop vir te veel wegsnoei! • Kamelias moenie nou teruggesno­ei word nie omdat hulle besig is om blomknoppe te vorm. Dit geld ook vir lenteblomm­ende struike soos asaleas en rododendro­ns. • As jou omgewing goeie reën gekry het, het die kunsmis wat jy vroeg in die seisoen ingewerk het waarskynli­k weggespoel. Voed jou plante weer om hulle gesond en produktief te hou. • Potplante in die huis het meer water en kos in die somer nodig. Skuif potte weg van direkte sonlig sodat die loof nie brand nie. • Kyk uit vir ’n roomkleuri­ge ruspe met swart kolle in die knoppe van agapante; spuit met Margaret Roberts Biological Caterpilla­r Insecticid­e. >>

 ??  ??
 ??  ?? Vinca
Vinca
 ??  ?? Salie
Salie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa