Tuis

Nuwe roos!

-

‘St Dunstan’s Centenary’ is ’n hibriedtee­roos wat die wêreldbeke­nde ‘Peace’roos onder sy voorsate kan tel. Dié roos is so genoem om die eeufeesvie­ring van St Dunstan’s College in Benoni te gedenk. Omdat dit ’n geharde Eco-Chic-roos is, is dit siektebest­and en daarom minder vatbaar vir swartvlek en donsskimme­l. Die struik groei regop, tot 2 m hoog, en dra gepunte geel knoppe wat stadig ontvou in vol, groot blomme met ’n pienk skynsel. Die oop blomme hou goed aan die struik en in ’n vaas.

 ??  ?? ‘St Dunstan’s Centenary’
‘St Dunstan’s Centenary’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa