Kof­ta met tzat­zi­ki

Tuis - - TUINPARTYTJIE -

“Met die af­ster­we van my ma se sus­ter, Tan­nie Til­ly, het die fa­mi­lie ’n spe­si­a­le re­sep­te­boek ge­maak met al ons guns­te­lin­ge, ook kof­ta, en staal­tjies wat aan haar her­in­ner. Die kof­ta haal am­per nooit die ta­fel nie – dís hoe lek­ker dit is,” sê Ra­mo­na. Le­wer so­wat 18 Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te, plus 1 uur staan­tyd en 2 uur af­koel­tyd Gaar­maak­tyd: 15 mi­nu­te

• 500g ma­er maal­vleis • 1 groot ui, fyn­ge­kap • 1–3 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap • ¼ tee­le­pel fyn gem­mer of 1cm vars gem­mer, ge­skil en ge­kap • 3 snye brood, ge­krum­mel • so­wat 60ml plat­blaar­pie­ter­sie­lie, ge­kap • so­wat 30ml vars ment, ge­kap • vars ris­sie, ge­kap (op­si­o­neel) • o­lie vir vlak­braai TZAT­ZI­KI • 1 groot kom­kom­mer, fyn­ge­ras­per • 1 knof­fel­hui­sie, fyn­ge­kap • 250ml dik, on­ge­geur­de jo­gurt • 10ml fyn­ge­kap­te ment • sap van 1 suur­le­moen • ’n skeut o­lyf­o­lie

1 Maak die tzat­zi­ki Strooi 1 tee­le­pel sout oor die ge­ras­per­de kom­kom­mer. Laat dit so­wat ’n uur in ’n ver­giet­tes staan om die wa­ter uit te trek. Druk al die ek­stra vog uit en meng met die res van die be­stand­de­le. Ver­koel vir 2–3 uur voor jy dit voor­sit.

2 Vir die kof­ta, ver­werk al die be­stand­de­le, be­hal­we die o­lie, in ’n voed­sel­ver­wer­ker. Rol met nat han­de in bal­le­tjies en vlak­braai in o­lyf­o­lie in sar­sies tot goud­bruin o­ral­oor. Drei­neer op kom­buis­pa­pier en sit voor met die tzat­zi­ki en ek­stra suur­le­moen­sky­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.