Tuis

Vanielje-panna cotta

-

Dié eenvoudige bederf is perfek vir ’n groot groep omdat jy al die werk vooraf kan doen. Lewer 8–10, afhangend van hoe groot jou glase is Bereidings­tyd: 25 minute Gaarmaakty­d: sowat 10 minute • 3 velle gelatien • 500ml room • 100ml melk • 125ml suiker • 1 vanieljepe­ul, oopgesny en saad uitgekrap • ekstra bessies en eetbare blomme vir garnering BESSIESOUS • sowat 300ml vars of bevrore gemengde bessies • sowat 80ml suiker, of na smaak • 45ml water

1 Sit die gelatienve­lle in ’n bakkie en bedek dit met ’n bietjie koue water. Laat dit vir 5–10 minute staan om sag te word en druk dan die ekstra water versigtig uit.

2 Bring die room, melk, suiker en vanieljesa­ad tot kookpunt en laat dit vir 10 minute trek. Roer die gelatien daarby in tot gesmelt. Jy kan dit weer effens verhit indien nodig, maar maak seker die mengsel kook nie. Verwyder van die hitte sodra die gelatien opgelos het, en laat afkoel. Giet die panna cotta-mengsel in glase en verkoel vir 3–4 uur of oornag tot gestol.

3 Maak die sous Meng die bessies, suiker en water. Bring tot kookpunt, verwyder van die hitte en laat afkoel. Verwerk met ’n staafmenge­r vir ’n gladder tekstuur en giet deur ’n sif as jy verkies.

4 Vir voorsit Voeg ’n lepel vol sous by elke glas en garneer met ekstra bessies en eetbare blomme.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa