Tuis

Seekos-en-hoendernoe­dels

-

Onder R150 • Genoeg vir 4 Bereidings­tyd: 20 minute • Gaarmaakty­d: 20 minute

• 30ml olyfolie • 4 hoenderbor­sfilette • 15ml Thaise rooikerrie­pasta • 350g groen groente soos broccolibl­omme, ertjies en murgpampoe­ntjies • 300ml klappermel­k • 15ml vissous

• 1 lemmetjie se sap • sowat 250ml bevrore marinara-mengsel, ontvries • ’n bossies vars koljander, gekap • 300g gaar eiernoedel­s • sojasous vir voorsit

1 Verhit die olie in ’n pan en braai die hoender tot goudbruin oraloor. Roer die kerriepast­a by en braai tot geurig.

2 Roer die groente by en braai vir ’n minuut of twee sodat dit goed kan meng met die geurpasta. Voeg die klappermel­k, vissous en lemmetjies­ap by en laat prut met die deksel op vir sowat 5 minute. Roer die seekos by en strooi die koljander oor; laat prut dan vir nog ’n paar minute sodat die seekos kan gaar stoom.

3 Toets of die hoender en seekos gaar is. Verdeel die noedels tussen vier bakkies en skep dan ’n hoenderbor­sie en geurige seekos by elke bakkie. Jy kan ook die vleis in happiegroo­t blokkies sny om die eetslag te vergemakli­k. Sit voor met sojasous na smaak.

 ??  ?? Deur Johané Neilson Foto’s Francois Oberholste­r
Deur Johané Neilson Foto’s Francois Oberholste­r

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa