TV Plus (Afrikaans)

Dis die gees!

Suid-Afrikaanse sepies benader die bonatuurli­ke wêreld respek, balans en goeie bedoelings.

-

In elk van ons plaaslike sepies wat die bonatuurli­ke wêreld betrek, moet die behoeftes van die karakters, die storie, die gehoor en soms selfs die veiligheid van die akteurs in ag geneem word. Die vervaardig­ers gee ons ’n kykie na hoe dit agter die skerms werk . . .

RESPEK VIR GELOOF

Sepieskryw­ers behandel die gehoor se geloofsoor­tuigings met respek, anders gaan hulle agting vir die program verloor. “Die bonatuurli­ke is so werklik en deel van ons lewe as religie – ons hanteer dit met dieselfde respek in ons storielyne,” sê Isibaya (2013-nou) se uitvoerend­e vervaardig­er, Desiree Markgraaff.

“Om met die voorvaders te kommunikee­r deur die slag van ’n bok en die brand van impepho (wierook), is deel van die gemeenskap in ons sepie se leefwêreld. Mpiyakhe (Siyabonga Thwala) moes na die kraal toe gaan en met die Zungu-voorvaders praat voor hy die bose toordokter Sunday (Zakhele Msibi) kon gaan soek.” Dis ’n wyse stap, want Solomon (Bheki Mkhwane) moes Mpiyakhe in November 2015 red ná Sunday hom in 2014 in umkhovu – ’n zombie – verander het!

SPESIALE ROEPING

Sepies loop katvoet rondom die komplekse situasie waarmee baie Suid-Afrikaners te doen het om die wêrelde van die tradisione­le en Christelik­e spirituali­teit met mekaar te versoen. In Uzalo (2015-nou) gee Hlengiwe, alias Mamlambo (Gugu Gumede) gehoor aan haar tradisione­le spirituele roeping en sy is ook ’n trotse kerklidmaa­t – al het die nare past. Nkosi (Mondli Makhoba) haar in Julie 2016 uitgeskop.

“Mamlambo is geseën met voorspelli­ng en kan sien wat in die toekoms gaan gebeur, dus word van haar profesieë waar,” sê Uzalo se kreatiewe direkteur, Mmamitse Thibedi. “Ons gebruik die bonatuurli­ke om karakters oor komende gevaar te waarsku of hulle te beskerm. Die bonatuurli­ke word as ’n geskenk en ’n roeping uitgebeeld.”

GOED TEEN KWAAD

Wanneer die bonatuurli­ke wêreld by ’n sepie betrek word, is die bedoeling daarvan altyd die sleutel. Soos in Isibaya: “Elke keer wanneer ons skadelike toordery wys, wys ons ook welwillend­e geeste wat teen die slegtes baklei. Ons het Mehl’emamba (Senzo Vilakazi) die opleiding gegee (in April 2016) en die mag om Sunday te ‘verslaan’, wat bete-

 ??  ?? Isibaya se “zombie”.
Isibaya se “zombie”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa