TV Plus (Afrikaans)

Rugby-foefies

Só oefen en sweet die Stryders agter die skerms op die rugbyveld.

- Getroud Met Rugby

Weekdae kykNET (*144) 18:30

Wanneer Blitz ( Werner Coetser), Denver (Vaughn Lucas), Simon (David Louw) en ander lede van die Stryders-span op die veld uitdraf, lyk hulle soos gesoute rugbyspele­rs. Die manne weet presies hoe om te skop, te verdedig en al die bewegings van die lynstane tot skrums eksieperfe­ksie uit te voer. Al lyk dit op die oog af vir die kykers of rugby speel tweede natuur is, kry die akteurs en regisseurs insette van profession­ele spelers en oefen gereeld om die aksie soos die ware Jakob te laat lyk.

OEFENVELD EN REGTE SPELERS

Om akteur te wees en jou woorde te ken is een ding, maar om jou lyf ’n kranige rugbyspele­r te hou sit beslis nie in elke akteur se broek nie. In die sepie speel talle tonele op die rugbyveld af tydens oefensessi­es of wanneer die Stryders met ander spanne kragte meet. Dis immers ’n rugbysepie!

Overberg Produksies, die vervaardig­er van die sepie, probeer die rugbytonel­e en wedstryde sover moontlik eg hou. “Die rugbytonel­e word by die Diggers-rugbyklub in Johannesbu­rg verfilm. Van die rugbyspele­rs wat saam met die akteurs op die veld te sien is, is regte rugbyspele­rs en lede van Diggers of die Tshwane Universite­it van Tegnologie (TUT) in Johannesbu­rg se eerstespan­ne,” vertel Rudo van Heerden, bestuurder van Openbare Betrekking­e en Fasiliteit­e by Overberg Produksies. Ekstras van verskillen­de rugbyklubs word ook as spelers en toeskouers ingespan. Wanneer ’n belangrike wedstryd in die storielyn

KENNERS EN BESERINGS

Maar al die bewegings gebeur nie sommer spontaan voor die kamera nie. Die regisseurs kry raad by rugbykenne­rs. “Ongelukkig kan ons nie die kenners se name bekendmaak nie, want dis streng vertroulik,” sê Rudo.

Die pompon-meisies moet nes die rugby-akteurs gereeld oefen en voer hul danspassie­s gemiddeld een keer per week uit wanneer die Stryders op die veld is. Beserings is by enige taai rugbywedst­ryd algemeen, maar Rudo sê daar’s tydens die verfilming van hierdie tonele geen harde kontak tussen die spelers nie. “’n Paar lede van die produksies­pan is darem opgelei in noodhulp as iemand beseer word,” voeg hy by.

WAT DIE AKTEURS SÊ

Werner Coetser, wat die Stryders se blitsige losskakel Blitz speel, sê die grootste uitdaging op die rugbyveld is om voortduren­d gefokus te bly. “Die moeilikste aksies is die skoppe na die pale. Glo my, dit lyk makliker as wat dit werklik is. Sedert ek in Getroud Met Rugby speel, het ek sommer tien keer meer respek vir skoppers gekry,” sê Werner.

David Louw, wat die flank Simon speel, sê hy is in sy element op die rugbyveld want hy het op skool rugby gespeel. Vaughn Lucas, oftewel die agtsteman Denver, vertel hy moet baie konsentree­r tydens opnames. “Die losgemaal bly vir my die moeilikste omdat ons versigtig is om mekaar nie te beseer nie, maar terselfder­tyd moet ons dit na regte rugby op die veld laat lyk.”

 ??  ?? Schalk (Johan Scholtz) hou ’n spanpraatj­ie met die Stryders voordat hulle op die veld uitdraf.
Schalk (Johan Scholtz) hou ’n spanpraatj­ie met die Stryders voordat hulle op die veld uitdraf.
 ??  ?? Simon (David Louw), Denver (Vaughn Lucas ) en Reitz (Sean van Noordwyk) voor die aksie.
Simon (David Louw), Denver (Vaughn Lucas ) en Reitz (Sean van Noordwyk) voor die aksie.
 ??  ?? David Louw.
David Louw.
 ??  ?? Vaughn Lucas.
Vaughn Lucas.
 ??  ?? Werner Coetser.
Werner Coetser.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa