TV Plus (Afrikaans)

Ware geluk

Rick en Maya se liefde seëvier oor skandaal en skande en verwerping wanneer hulle trou aan mekaar beloof.

- The Bold And The Beautiful

Weekdae SABC3 (*193) 18:00

Rick Forrester en Maya Avant (Jacob Young en Karla Mosley) het ’n rowwe rit op pad na die kansel gehad. Haar pa, Julius (Obba Babatundé), het saam met haar in die paadjie in die Forrester-herehuis afgestap, maar op Dinsdag 30 Augustus uitgestorm ná Maya hom voor Rick en al die gaste gekonfront­eer het omdat hy haar nie as ’n transgende­r bruid kan aanvaar nie en die troue ’n “fratsverto­ning” genoem het. Maar op Woensdag 31 Augustus skuif Maya en Rick al die hartseer opsy en lê hul huweliksbe­loftes af voor almal wat nie uitgestap het nie – hul ware vriende en familie, en ’n wêreldwye gehoor van Bold-kykers.

MOED EN BEGRIP

In die Forrester-kantoor was Rick en Maya aaklig en baasspeler­ig, maar hul romanse het ons diep getref. Dis onmoontlik om nie geraak te word nie deur Maya se waagmoed en dapperheid en Rick se volgehoue ondersteun­ing. “Dis ’n eer om hierdie positiewe storie van liefde en aanvaardin­g te vertel,” sê Brad Bell, die uitvoerend­e vervaardig­er van Bold (1987-nou). Karla voeg by: “Scott Turner Schofield [wat Maya se vriend Nick speel] is ’n transgende­r akteur. Hy sê toe hy die draaiboek lees, het hy gehuil. Om ’n transgende­r verhouding te sien, hoe ’n straight man ’n transgende­r vrou aanvaar . . . en dan trou hulle, is nog nooit voorheen gedoen nie. Dis revolusion­êr.”

DIE REG OP LIEFDE

Met Maya en Rick gaan dit oor die aanvaardin­g van en begrip vir Maya se identiteit as ’n transgende­r vrou, maar Bold se storie oor die reg om vir liefde te trou en die pyn wat dit veroorsaak as ’n mens tussen liefde en familie moet kies, is tydloos. “Baie mense kan iden-

BOODSKAPPE EN BELOFTES

Maya se pa het wel uitgestap, maar die bruid is nie alleen wat ondersteun­ing van haar gesin betref nie. Maya se boodskappe kom van haar liefdevoll­e ma en suster. Haar ma, Vivienne Avant (Anna Maria Horsford), haal Shakespear­e se sonnet 116 aan en sê vir die paartjie: “Die liefde wat julle by mekaar

 ??  ?? Die aktrise Karla het haar karakter Maya se Monique Lhuillier-trourok help kies tydens ’n Hollywoodi­nkopietog vir Maya se troue met Rick.
Die aktrise Karla het haar karakter Maya se Monique Lhuillier-trourok help kies tydens ’n Hollywoodi­nkopietog vir Maya se troue met Rick.
 ??  ?? Maya se veelbespro­ke skildery hou wag oor die seremonie wanneer haar drome om deel van die Forrester-clan te word, waar word, en sy vir ’n troufoto poseer saam met (van links) haar nuwe skoonma, Brooke (Katherine Kelly Lang), eggenoot Rick, skoonpa,...
Maya se veelbespro­ke skildery hou wag oor die seremonie wanneer haar drome om deel van die Forrester-clan te word, waar word, en sy vir ’n troufoto poseer saam met (van links) haar nuwe skoonma, Brooke (Katherine Kelly Lang), eggenoot Rick, skoonpa,...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa