TV Plus (Afrikaans)

Die ander man

Nikiwe wat ongelukkig met liefdesake is, verkul S’khu ... met Gabriel!

- Isidingo

Weekdae SABC3 (*193) 19:00

Nikiwe (Linda Sokhulu) is al effens langer as twee weke enkellopen­d nadat sy haar restaurant­baas-kêrel S’khu (Sisa Hewana) op Donderdag 18 Augustus gevra het dat hulle ’n blaaskans vat. Nou wil sy bed toe gaan saam met die man op wie sy verlief geraak het: Horizon Deep se goor gewese pastoor en besigheids­konkelaar Gabriel (Aubrey Poo).

KOM EET SAAM MET MY

Die spanning laai op sedert Gabriel en Nikiwe se laatnag-ontmoeting­s en flirtasies, en op Vrydag 2 September oorreed Gabriel Nikiwe om saam met hom te gaan uiteet. “Gabriel is ’n opportunis,” sê Aubrey. “Hy beskou Nikiwe as ’n pragtige verowering. Dis ’n voordelige verhouding vir hom, want hy kry die meisie en sy kan sy spandabelr­ige leefstyl finansier. Maar Nikiwe kan vriende en respek verloor . . .”

BEDROG EN DRAMA

Hoewel Gabriel Nikiwe op Dinsdag 6 September het net waar hy haar wil hê, is daar steeds haar aan-af-kêrel. “S’khu haat Gabriel ná wat hy aan S’khu se jonger suster Aphiwe (Khanya Mkangisa) gedoen het [Gabriel het haar in No- vember 2015 aangerand], en die mans kom nie oor die weg nie,” verduideli­k Aubrey. “Gabriel walg S’khu, en S’khu wil op Woensdag 7 September weet hoekom Gabriel soos ’n parasities­e bloedsuier om Nikiwe rondhang.” S’khu is lugtig vir Gabriel, maar Nikiwe verseker hom later die dag hulle het net ’n werksverho­uding. Maar S’khu moes op sy instink reageer het . . .

KAMER TOE

Nikiwe lei haar nuwe liefdesbel­angstellin­g op Donderdag 8 September na die slaapkamer van haar suite in The Duncan-hotel. Aubrey sê: “Terwyl hulle seks het, is Nikiwe nugter en sy sien Gabriel in ’n ander lig. Sy is geboei deur hom en sy wêreld, maar sy moet tussen Gabriel en S’khu kies.” Maar al kan Nikiwe haar rendezvous vir haar kêrel wegsteek, sien haar pa, Lincoln (Lindani Nkosi), op Maandag 12 September tydens ’n Sibeko-vergaderin­g die veranderin­g in haar verhouding met Gabriel.

Lincoln sit sy voet dwars en waarsku Gabriel om weg te bly. “Lincoln is ’n bose karakter, want hy weet Gabriel het van sy dae as pastoor inligting oor elkeen in The Deep en dit kan tot Lincoln se voordeel gebruik word,” sê Aubrey. “Lincoln is ongelukkig oor Nikiwe en Gabriel, maar pla dit Gabriel? Nee, want hy is selfsugtig.”

 ??  ?? Nikiwe verseël die ooreenkoms met haar nuwe ou.
Nikiwe verseël die ooreenkoms met haar nuwe ou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa