TV Plus (Afrikaans)

Twee koninginne

Twee koninginby­e in een korf beteken oorlog – en Boniswa en Yvonne is reg om te steek.

- Scandal!

Weekdae e.tv (*194) 19:30

Onmin het ingestap sedert die skelm sakeman Kingsley Seseko Langa (Hlomla Dandala) se vrou, Boniswa (Lusanda Mbane), op Vrydag 26 Augustus die deurklokki­e van haar man se nuwe huis gelui het. Haar skoonsus Yvonne (Kgomotso Christophe­r) het die deur oopgemaak en sommer baie tuis gelyk . . . En in die volgende twee weke gaan die twee vroue wat eers heeltemal gemaklik met hul plek in Kingsley se lewe was, die onsekerhei­d begin voel . . .

SOOS DAG EN NAG

Die skelm fortuinsoe­ker Yvonne en Boniswa verskil hemelsbree­d van mekaar. Lusanda vertel:el “Boniswa kom van Bisho in die OosKaap en sy praat meestal Xhosa. Sy’s ordentlik en sy noem haar man ‘Seseko’ terwyl al die ander hom Kingsley noem. Sy’s warm, moederlik en ’n aangename mens. Sy besit ’n skool, dus leef sy nie net deur haar man nie. En sy’s soos ’n Thuli Madonsela [Suid-Afrika se openbare beskermer wat binnekort uittree], want wanneer sy ontsteld is, is dit nie asof sy die wêreld op sy kop wil keer nie. Sy bly beheersd en gaan nie met groot gebare tekere nie.” Boniswa is eers geamuseerd deur Yvonne, verklap Lusanda. “Yvonne gaan taamlik oorboord. Sy het altyd stories en kwessies, dus lag Boniswa stilweg in haar mou vir haar.”

WIE NOEM MY ’N SLEGTE MA?

Maar Boniswa glimlag nie wanneer sy Yvonne op Donderdag 1 September as ’n ma kritiseer nie. “Yvonne lyk nie in die minste gepla deur haar dogter Naledi (Dineo Moeketsi) se affair met Quinton (Brighton Ngoma) nie,” verd verduideli­k Lusanda. “Boniswa is ontsteld en sê: ‘Watter s soort ma is jy?’” Wanneer Y Yvonne op Vrydag 2 Sept tember terugslaan, baklei sy vuil. “Yvonne skimp sy en Se Seseko het ’n lang geskiedeni­s en sy’s nou die ster van die huis,” sê Lusanda. “Dit laat Boniswa skielik twyfel: Haar man is meestal aan die ander kant van die wêreld, maar sy het hom nog altyd volkome vertrou. Haar Seseko sou tog nie na ’n ander vrou kyk nie? Of sou hy?”

Lusanda sê dis die keerpunt in Boniswa en Yvonne se verhouding. “Yvonne is nie meer so amusant vir Boniswa nie, sy irriteer haar nou. Boniswa wil haar weg hê. Ons sal nou sien wie die vrou in Seseko se lewe is.”

 ??  ?? Yvonne (links) begin haar wraak beplan wanneer Boniswa haar oor die kole haal.
Yvonne (links) begin haar wraak beplan wanneer Boniswa haar oor die kole haal.
 ??  ?? Seseko beland in die middel van die twis.
Seseko beland in die middel van die twis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa