TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA

-

BOLD

Liam waarsku Steffy oor Wyatt en sy koekoes ma, en Julius sê vir Sasha sy moet LA verlaat, want niemand wil haar daar hê nie. Wyatt moet kies tussen die vroue wat hy liefhet, en Sasha wil in LA bly om nader aan haar susters te kom. Ridge wil Bill nie by Forrester Creations hê nie en moedig Katie aan om Bill se aandele tydens hul egskeiding te vra. Katie en Rick beplan hul vyandige oorname, Bill vra Brooke verleë ’n guns, en Ridge konfrontee­r Quinn omdat sy Eric bedrieg. Thomas en Sasha vorm ’n band, en Eric belê ’n familiever­gadering wat die dinamika by Forrester gaan verander.

DAYS

Days Of Our Lives het ’n produksieb­reek in Amerika tydens vanjaar se Olimpiese Spele gehad, maar hier is wat gaan gebeur: ’n Salem-inwoner se hart word nie een keer nie, maar twee keer gebreek! Die soektog na baba Tate neem ’n onverwagte en dramatiese wending, en die vete tussen Jennifer en Chad raak ál leliker terwyl hulle vir die reg baklei om Abby se baba groot te maak. Ná drie skurke uit die tronk ontsnap het, keer hulle terug om wraak te neem.

Y&R

Chelsea is bekommerd oor haar toekoms saam met Adam, en Billy probeer Victoria oortuig om Jill se aanbod te aanvaar om Brash & Sassy te bestuur, maar Victoria sien deur Jill se verskuilde motiewe. Summer vertel haar ma sy is verloof aan Luca, wat Phyllis dwing om ’n gevaarlike bondgenoot­skap met Victor aan te gaan om Luca te ontmasker. Neil raak ontwykend teenoor Lily wanneer die tweeling vrae vra oor sy ouers, en Kevin het Mariah se hulp nodig om Chloe te probeer terugkry. Jill wil Phyllis nie in die direksie hê nie, en Victor se geduld met Chloe raak min.

 ??  ?? Wie is Neil se ouers? Dit lyk of ons hulle binnekort gaan ontmoet.
Wie is Neil se ouers? Dit lyk of ons hulle binnekort gaan ontmoet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa