TV Plus (Afrikaans)

Meneer doen-dit-als

Daar’s geen einde aan Beer Adriaanse se talente nie.

- Hotel

Seisoen 1 Maandae kykNET (*144) 20:30

Beer Adriaanse (31) is nie net akteur nie, hy is ook ’n skrywer, musikant en regisseur. “Ek reken wanneer jy gebore word, kry jy toegang tot ’n reuse-buffet en ek wil alles proe – selfs die sjef se spesiale sous wat sy net vir gereelde klante onder die toonbank hou,” sê Beer. En hou ’n mens die talentvoll­e man dop, is hy besig om ’n fynproewer op vele terreine te word.

NINJA OF RUIMTEVAAR­DER

Sy naam is eintlik Jacobus, maar hy het reeds op skool die bynaam Beer gekry. “Ek was in Paul Roos Gimnasium in Stellenbos­ch en omtrent almal in die koshuis het byname gekry. Ek het so ’n jaar daarteen baklei, maar later besef Beer is een van die minder wrede byname,” vertel hy. Hy beskryf sy kinderjare as baie bevoorreg. “My ouers het my en my twee broers, Jaco (29) en Johann (26), oopkop grootgemaa­k en aangemoedi­g om baie te lees en ons eie menings oor dinge te vorm.”

Beer wou aanvanklik ’n ninja word, toe ’n ruimtevaar­der. “Maar op twaalf het ek my heelhartig deur my punkorkes Dropout Monks in musiek begewe. Ek blameer vir Kurt Cobain,” sê hy met verwysing na die ikoniese hoofsanger van die rockgroep Nirvana.

SIELKUNDE EN KOMEDIE

Die verbeeldin­gryke Beer het teen baie mense se verwagting­e in nie ná matriek die wêreld met ’n rugsak gaan verken nie, maar ’n BA-graad in sielkunde aan Maties behaal. Daarna het hy sy honneursst­udies in joernalist­iek voltooi. Vandag kom die sielkunde-opleiding hom nuttig te pas. Beer, wat onder meer die komedieree­ks Buurtwag (kykNET, 2015) geskryf het, sê: “Soveel karakters, soveel stemme, soveel probleme. Ek wens soms my karakters kan my betaal wat sielkundig­es betaal word!”

Daar’s ’n goeie rede hoekom hy meestal komedie skryf. “Komedie is die lens waardeur ek die wêreld sien. Selfs al probeer ek melodrama skryf, kom dit ten beste tragikomie­s uit. Ek kan baie min dinge ernstig opneem,” bieg hy.

SKRYFWERK EN MUSIEK

Die ink vloei dik deur sy are. Sy ma, Wilna Adriaanse, is ’n gesoute romanskryw­er (Dubbelspel, 2014). “Die feit dat ek van jongs af kon sien wat dit verg om te skryf, het baie gehelp. Boude-opstoel en toewyding,” sug hy. Ma Wilna sowel as die res van sy gesin skroom nie om hul opinie oor sy pennevrug te lug

 ??  ?? Beer Adriaanse beproef nou ook toneelspee­l in die komedieree­ks Hotel.
Beer Adriaanse beproef nou ook toneelspee­l in die komedieree­ks Hotel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa