TV Plus (Afrikaans)

Twee nuwe komedies op kykNET

Lekker lagreekse is op pad!

-

Ek is mal oor Hotel op kykNET. Kan ons nog enige nuwe komedies op die kanaal verwag, tvplus? – ESTELLE VAN DER MERWE, BENONI

Goeie nuus vir alle liefhebber­s van lagreekse – kykNET is besig met die voorproduk­sie van twee nuwe komedieree­kse: Elke Skewe Pot en Tot Tyd En Wyl. Elke Skewe Pot gaan oor vier vroue uit uiteenlope­nde wêrelde wat vir ’n aanlyn opsitkersd­iens, Elke Skewe Pot, werk en pasmaats vir ander mense vind, maar die liefde bly hulle ontwyk. Verfilming begin in Oktober en die rolverdeli­ng is nog nie vasgestel nie. Henriëtta Gryffenber­g, Anne Hirsch, Joshua Rous en Meren Reddy is die skrywers, en dit word deur Rous House Production­s vervaardig wat ook High Rollers (2013-nou) en Geraamtes In Die Kas (2013) op hul kerfstok het.

In Tot Tyd En Wyl gaan bekende akteurs soos Anrich Herbst, Anel Alexander, Pierre Breytenbac­h, Lindie Stander, Dirk Stoltz, Ruan Wessels en Ramey Short die lagspiere kielie. Die reeks kom uit die pen van Geoff Newton, skrywer van treffer-aksiereeks­e soos Snitch 1 en 2 (2004 en 2007) en Innocent Times (2008), en Mitzi Booysen (mede-vervaardig­er van Binnelande­rs, 2005-nou, en voorheen hoofskrywe­r van Binnelande­rs). Dit gaan oor Louise (Lorraine Burger), ’n hoofskrywe­r van ’n sepie, wat besef die lewe is besig om deur haar vingers te glip terwyl sy uitsonderl­ike lewens vir haar sepiekarak­ters skep. Gert van Niekerk is die regisseur en dit sal in Januarie 2017 uitgesaai word.

 ??  ?? Pierre Breytenbac­h speel in ’n nuwe komedieree­ks oor ’n sepieskryw­er.
Pierre Breytenbac­h speel in ’n nuwe komedieree­ks oor ’n sepieskryw­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa