TV Plus (Afrikaans)

Zelda die slang

Mariaan kom agter haar suster steek haar in die rug!

- 7de Laan

Weekdae SABC2 (*192) 19:00

Mariaan (Deirdre Wolhuter) en haar suster Zelda (Amor Vittone) het nog nooit goed oor die weg gekom nie. Maar toe Mariaan haar in November op straat bevind ná sy uit haar huis gegooi is as gevolg van haar affair met Frank (Albert Maritz) – haar man, Chris (David Rees), se beste vriend – het sy aan Zelda se deur gaan klop.

“Mariaan weet Zelda was nog altyd jaloers op haar met haar groot huis, luukse leefstyl en aantreklik­e man,” sê Deirdre. Maar nooit het Mariaan in haar wildste drome kon dink Zelda sou so afgunstig word dat sy haar huweliksbo­otjie wil laat sink nie!

In die stadium dink Zelda sy is nog in beheer, maar Mariaan is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie en gaan vinnig haar suster se bose plan uitpluis.

BEWYSE VAN VERRAAD

Die vonke spat op Dinsdag 27 Desember wanneer Rickus (André Lotter), Mariaan se seun, Zelda bel om haar vir middagete by die Welman-huis te nooi. “Zelda weet glad nie sy stap reguit in ’n lokval in nie,” sê Amor, want Mariaan het intussen op Vrydag 23 Desember en Maandag 26 Desember op bewyse van Zelda se verraad afgekom. Mariaan het Rickus toe gevra om haar te help om Zelda uit te vang.

Wanneer Zelda opdaag, wag Chris en die drie Welman-kinders haar in en Rickus begin haar uitvra oor hoe dit met sy ma gaan. “Zelda maak weer ’n liegstorie op oor hoe sleg dit met

 ??  ?? Zelda word in ’n hoek gedruk en het baie om te verduideli­k. Rickus help sy ma.
Zelda word in ’n hoek gedruk en het baie om te verduideli­k. Rickus help sy ma.
 ??  ?? ’n Geskokte Mariaan vang haar suster uit.
’n Geskokte Mariaan vang haar suster uit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa