TV Plus (Afrikaans)

DIE WAARHEID KOM UIT

-

Mar Mariaan gaan en hoe sy haar pr probeer oorreed om nie voort t te gaan met die skeisaak n nie,” sê Amor. Maar intussen k kom Mariaan ongesiens by d die voordeur in en sê hard en du duidelik: “Dis vreemd, jy is dan die een wat my aanmoedig om finaal van Chris te skei!” Mariaan spoeg vuur en konfrontee­r Zelda oor al die liegstorie­s wat sy van haar vertel het. Sy vergeet ook nie van die video wat Zelda skelmpies van Mariaan en Frank geneem het toe hy op Vrydag 9 Desember ongenooid by Zelda se huis opgedaag het nie, glo om Mariaan te besoek. “Mariaan speel die hele video vir Chris, wat net ’n gedokterde deel daarvan op Vrydag 16 Desember gesien het, en vir haar kinders wat wys hoe Mariaan Frank wegjaag en hom mooi laat verstaan sy kies haar man en haar gesin,” sê Deirdre.

Zelda besef sy is in ’n hoek gedruk en erken haar einddoel was om Mariaan se plek in te neem en by die huis in te trek. “Sy raak aanvallend en sê almal sleg voor sy uit die huis storm,” vertel Amor.

GEEN VERGIFNIS

Chris stem in om Mariaan weer in die huis toe te laat. “Mariaan is verlig, maar enige hoop wat sy gehad het dat hulle versoen sou raak verkrummel wanneer Chris dit duidelik maak hy doen dit net om die kinders se onthalwe. In sy oë is sy ’n gas in sy huis, niks meer nie,” sê Deirdre. Gaan daar ooit weer vrede in die Welman-huis wees? Die liefde vind tog altyd ’n manier.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa