TV Plus (Afrikaans)

NUWE LEIDRADE

-

Maar ’n anonieme oproep drie dae voor Kersfees gee Deon, sowel as die Abrahamse, nuwe hoop. Wanneer Lexi se ontvoerder­s Steve kontak, hoor hy en Bronwyn, wat saam na die oproep luister, Lexi se stem op die agtergrond. Die ontvoerder­s soek ’n aardige bedraggie geld voordat hulle Lexi gaan vrylaat.

Die polisie reken hierdie oproep is in die middestad van Pretoria gemaak en Lexi se oupa Tim (Lesley Fong) maak vinnig geld bymekaar. “Deon is die dag ná Kersfees weer terug by die werk en hoewel hy nie sy woede kan verwerk nie, probeer hy Bronwyn steeds ondersteun,” sê Pietie. “Hy hoop mense sal nie langer dink hy is die skuldige nie. Deon het van die begin af by die waarheid gehou en hy vertrou steeds dit sal seëvier.”

Almal hoop Lexi se ontvoerder­s sal vasgetrek word, maar op Maandag 26 Desember verloop sake nie volgens plan nie wanneer die losprys aan die ontvoerder­s oorhandig moet word. Bronwyn en Deon luister in om te hoor of alles vlot verloop en hoor hoe Steve, wat saamgegaan het, een van die boosdoener­s agternasit, maar sy telefoon val en hulle hoor ’n rewolwersk­oot.

“Dis benoude oomblikke en ons hou asem op om uit te vind of Lexi vrygelaat gaan word en of Steve ongedeerd daarvan afgekom het,” sê Pietie. Hierdie soort stres is allermins wat Deon en die Abrahamse oor die Feestyd wil hê.

 ??  ?? Lexi word vermis en almal is rasend van bekommerni­s.
Lexi word vermis en almal is rasend van bekommerni­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa