TV Plus (Afrikaans)

“Jy’s alleen!”

Nikiwe wil hê haar pa, Lincoln, moet vir sy misdaad boet.

- Isidingo

Weekdae SABC3 (*193) 19:00

Die Sibeko’s se mag is aan die taan sedert Katlego (Kgomotso Christophe­r) se beendere in September 2016 in ’n mynskag gevind is. Haar moordenaar­man, Lincoln (Lindani Nkosi), is op Vrydag 2 Desember gearrestee­r toe die polisie hom voor sy dogter Nikiwe (Linda Sokhulu) by die Sibeko Gold-kantore kom haal. Nikiwe is bly hy is agter tralies.

WARE KLEURE

Lincoln word op Woensdag 21 Desember onder polisiebew­aking vrygelaat, en hy sê vir Nikiwe sê sy is ’n swakkeling, want sy kan nie geheime hou nie, en dink sy het die polisie laat weet. Linda sê dan sien Nikiwe Lincoln se ware kleure. “Nikiwe besef Lincoln is ’n selfsugtig­e man wat verkies om die moord op sy kind se ma weg te steek.” Op Donderdag 22 Desember kap Nikiwe terug en sê vir hom: “Ek sal nie meer jou leuens toesmeer nie. Jy’s nou alleen!”

GEEN BONDGENOTE

Lincoln dink Nikiwe is net gefrustree­rd, maar op Vrydag 23 Desember besef hy hoe alleen hy is wanneer hy in sy dak- woonstel is en niemand het om mee te gesels nie. Dan wend Lincoln hom tot die een sekerheid in sy lewe – sy kind se oppasser, Zukisa (Noluthando Nqayi). “Zukisa sien die positiewe in elkeen raak,” sê Linda, “anders as Nikiwe wat nie empatie het met haar pa se lot nie.” Wat Zukisa op Vrydag 23 Desember nie besef nie, is Lincoln is so gaaf, want hy soek bondgenote vir sy toekomstig­e oorlog.

WAAKSAME OOG

Lincoln hou Nikiwe fyn dop, want sy ken sy geheim en die polsie kan haar vra om tydens sy verhoor in Januarie en Februarie 2017 te getuig. “Sy’s nie meer lojaal teenoor haar pa nie, maar wil eerder die familiebes­igheid bestuur,” sê Linda. “Sy gaan nie langer haar pa in die openbare oog en sakewêreld laat goed lyk nie.” Op Dinsdag 3 Januarie hou die hoofspeurd­er Eddie (Paul Buckby) en die joernalis Calvin (Maurice Paige) Lincoln dop om te sien of hy ’n fout begaan, maar hulle besef nie Nikiwe is hul eintlike teiken nie – sy sal teen Lincoln draai as hulle haar vra.

 ??  ?? Nikiwe het rede om te glimlag: Haar pa se leuens het hom uiteindeli­k ingehaal. Lincoln se wêreld verkrummel.
Nikiwe het rede om te glimlag: Haar pa se leuens het hom uiteindeli­k ingehaal. Lincoln se wêreld verkrummel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa