TV Plus (Afrikaans)

Tau se doodskoot?

Sy wêreld tuimel inmekaar wanneer Karabo wil skei.

- Generation­s – The Legacy

Weekdae SABC1 (*191) 20:00

Die Moroka-familie is bekend vir drama en niks is so dramaties soos ’n sepie-egskeiding nie. Karabo Moroka (Connie Ferguson) en haar man, Tau (Rapulana Seiphemo), het goeie en slegte tye beleef, maar die keer “is dit beslis verby”, sê Generation­s – The Legacy se publisitei­tsbeampte, Gaaratwe Mokhethi. Moenie nou enige gewelddadi­ge konfrontas­ies verwag nie, want Karabo is nog in Londen.

DIE BEGIN VAN DIE EINDE

Wanneer oom Tebogo (Joe Mafela) Tau op Dinsdag 27 Desember besoek, is die laaste ding wat Tau verwag, nuus van sy vervreemde vrou. Sy het ná maande van stilte haar familieraa­dgewer gevra om hul egskeiding te hanteer. “Tau wou altyd ’n gelukkige einde saam met Karabo hê. Hy’s lief vir haar en het gedink hulle sou hul probleme kan oplos,” verduideli­k Gaaratwe. “Hy is verpletter wanneer Karabo sy sprokiesdr­oom wegraap.”

Karabo is in Augustus 2016 uit SuidAfrika weg om weer kalmte in haar lewe te kry. “Ná Amo (Noluthando Nxumalo) se geboorte middel-2015 het Karabo gedink sy het aan nageboorte-de- pressie gely,” sê Gaaratwe, en voeg by: “Karabo het besef die ontevreden­heid in haar lewe was oor haar huwelik.” Toe Amo in Augustus 2016 teruggegee is, byna ’n jaar nadat Karabo se eks-swaer en skoonsuste­r Gadaffi en Tshidi ( Vuyo Dabula en Letoya Makhene) haar omgeruil en ontvoer het, was dit te veel vir Karabo en sy het SA verlaat.

FAMILIESAK­E

Tau is nie die enigste een wat nie wil skei nie – oom Tebogo wil hê sy niggie moet haar eise hersien, maar Gaaratwe sê: “Karabo is koppig en as sy eers ’n besluit geneem het, bly sy daarby.” Tau is hartseer. “Hy het die Morokafami­liebesighe­id help bou en het bygedra om die familietru­st se koffers te vul.” Tau gaan sy lot nie sonder ’n geveg aanvaar nie, maar is hy gereed vir oorlog? Want Karabo is berug vir haar vurigheid. • Connie en Rapulana het hul tonele geskiet en was nie beskikbaar vir onderhoude nie.

 ??  ?? Oom Tebogo (regs) gee Karabo se “nuus” vir Tau. Karabo is op pad terug na Generation­s – The Legacy se skerms.
Oom Tebogo (regs) gee Karabo se “nuus” vir Tau. Karabo is op pad terug na Generation­s – The Legacy se skerms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa