TV Plus (Afrikaans)

Dis skokkend!

Ivy moet onthou wat met haar arme niggie Aly gebeur het voor sy Steffy begin rondstamp!

- The Bold And The Beautiful

Weekdae SABC3 (*193) 18:00

Steffy Forrester (Jacqueline MacInnes Wood) gaan ’n dure les leer oor wat gebeur wanneer ’n mens jou neus oral insteek . . . al weer! Al het Steffy se verloofde, Liam (Scott Clifton), haar gesmeek om nie in te meng nie, gaan klik Steffy op Donderdag 22 Desember by Liam se broer Wyatt (Darin Brooks) oor sy liefie Ivy (Ashleigh Brewer) se veronderst­elde fling met Steffy se broer Thomas (Pierson Fodé). Fans sal onthou hoe woedend Aly Forrester (Ashlyn Pearce) was toe sy Steffy op Woensdag 10 Augustus met ’n wielsleute­l toegetakel het. Ivy is byna net so kwaad wanneer sy Steffy gaan konfrontee­r. En op ’n manier “struikel” Ivy – net soos Aly toe Aly op Donderdag 11 Augustus geval en haar kop teen ’n klip gekap het en dood is tydens haar heftige rusie met Steffy.

IVY SE ONGELUKKIE

Op Maandag 26 Desember dam Ivy Steffy agter die verhoog by die loopplank by – sy kyk skaars na die elektrisië­ns wat besig is om ’n fout op die elektriese paneel te herstel. Wanneer Steffy wil wegloop, gryp Ivy haar aan die arm en stamp aan haar: “Jy bly my druk en druk.” Dis wanneer Steffy Ivy stamp . . . reg in die gelaaide kabels vas! “Ons moet mense verras en die onverwagte doen,” sê Brad Bell, Bold se uitvoerend­e vervaardig­er. En wat kan meer onverwags – en inkriminer­end – wees as Steffy wat beweer sy’t nog een van haar niggies “net gestamp”?

NIE WEER NIE!

Steffy roep om hulp wanneer sy die lig geskokte Ivy op Dinsdag 27 Desember van die kabels wegtrek. Al wou sy regtig nie vir Ivy seermaak nie, weet Steffy hoe sleg dit vir haar lyk. En sy’s reg, want by die hospitaal vra Liam haar dadelik: “Kyk my in die oë en sê vir my die rede hoekom Ivy in daardie hospitaalb­ed is, het niks, absoluut niks, met jou te doen nie.” As Steffy maar net kon. Op Donderdag 29 Desember dwing Liam haar om te bieg en dan vaar hy uit: “Hoekom sou jy Ivy teen die elektriese paneel stamp as jy weet dis warm [aangeskake­l]?” En wanneer Steffy sê sy’t nie bedoel om Ivy seer te maak nie, kap hy terug: “O, soos jy ook nie bedoel het om Aly seer te maak nie?”

DOODSKOOT VIR DIE LIEFDE?

Liam glo hierdie soort tragedies gaan rondom Steffy bly gebeur. “Dade het gevolge en soms is dit ernstig en mense kry seer en jy gaan altyd te ver,” lees Liam Steffy die leviete voor, en sê sulke “ongelukke” sal hul toekoms saam raak. Wanneer Steffy nie mooi verstaan wat hy bedoel nie, skree Liam: “Ek hou nie van chaos nie! Ek soek rus en vrede. Ek wil ’n duidelike streep tussen reg en verkeerd in my lewe hê.” Nog iemand wil Steffy uit haar lewe hê . . . Op Maandag 2 Januarie kry Steffy ’n beperkings­bevel – van Ivy.

TOT ’N VAL GEBRING . . .

Ai Bold, wanneer julle iemand nie genoeg haat om hulle te laat skiet of vergiftig nie, kan julle wel van hulle ontslae raak met ’n valslag wat nie jul skuld is nie “want hulle is so lomp”, nè? Wie onthou nog: In 1992 het (Kimberlin Brown) per ongeluk haar terapeut Jay Garvin (Brett Stimely) van sy balkon afgestamp en hy het na sy dood geval.

Morgan DeWitt

(Sarah Bux ton) het in 2000 haar baba verloor toe sy op die trap geval het tydens ’n rusie met Taylor (Hunter Tylo).

(toe gespeel deur Ron Moss) het (toe gespeel deur Kyle Lowder) verlam gelaat toe hy hom in 2008 van die dak van Forrester Creations se kantore afgestamp het. In 2014 is (Don Diamont) daarvan verdink dat hy (Linsey Godfrey) oor ’n tweede-verdieping-balkon gestamp het tydens ’n argument tussen die twee. En Bill het in Junie 2015 gesorg dat sy helikopter­vlieënier dit net genoeg laat kantel sodat Ridge kon uitval en in die see kon verdrink het. Meer op bl. 47!

Ridge Sheila Carter Bill Caroline Rick

 ??  ?? Wees gewaarsku as jy Steffy wil konfrontee­r . . . Ivy is nie die eerste Forrester wat in ’n hopie agterbly ná ’n rusie met Steffy nie.
Wees gewaarsku as jy Steffy wil konfrontee­r . . . Ivy is nie die eerste Forrester wat in ’n hopie agterbly ná ’n rusie met Steffy nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa