TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA

-

BOLD

’n Pa en seun span saam om ’n gemeenskap­like doelwit te bereik, en Quinn is hewig ontsteld wanneer Katie die huis langsaan koop. Ridge en Brooke deel ’n emosionele oomblik by Stephanie se graf, wat daartoe lei dat hy haar later ’n lewensvera­nderende vraag vra. Quinn is nog onseker oor Katie wat langs hulle intrek, maar Eric verseker haar hy en Katie is net vriende. Zende probeer hard om sy verhouding met Nicole te red, en Steffy wil ’n wapenstils­tand met Eric en Quinn hê. Later vier die Forresters, Logans en Spencers ’n spesiale Thanksgivi­ng.

DAYS

Lucas en Adrienne se troue word deur haar eks Justin onderbreek, wat verklaar hy is steeds verlief op haar. Sonny probeer sy ma ondersteun wanneer sy tussen die twee mans moet kies, maar dan tref ’n onverwagte mediese krisis haar. Jennifer is stomgeslaa­n wanneer Abigail lewend opdaag en verduideli­k hoekom sy haar dood versin het, en Rafe en Shawn probeer keer dat Hope tronk toe gaan. Kayla is geskok wanneer sy hoor sy kan binnekort ’n ouma word, en Theo wil nie hê sy pa, Abe, moet met Valerie uitgaan nie.

Y&R

Travis dink dalk aan trou wanneer hy by Victoria aankom met ’n onverwagte voorstel. Hilary se ware natuur word onthul, wat Devon in ’n moeilike posisie plaas, en Victoria weet nie wat sy moet doen nie, gegewe haar geskiedeni­s van ongelukkig­e huwelike. Dylan se skuldgevoe­l oor wat met Sharon in Fairview gebeur het, tas sy oordeel aan, maar Nikki is woedend omdat Sharon probeer om haar die baddie te maak wanneer dit al die tyd Sharon is wat die huidige kindverwan­te krisis veroorsaak het. Later raak dinge ongemaklik wanneer Nick en Chelsea Sharon en Dylan raakloop.

 ??  ?? Adrienne is verskeur tussen haar verlede saam met Justin en haar toekoms saam met Lucas.
Adrienne is verskeur tussen haar verlede saam met Justin en haar toekoms saam met Lucas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa