TV Plus (Afrikaans)

Boereoorlo­g herleef

PG du Plessis se meesterstu­k Fees Van Die Ongenooide­s word nou op gratis TV uitgesaai.

- Fees Van Die Ongenooide­s

Dinsdae SABC2 (*192) 20:00 (vanaf Dinsdag 3 Januarie)

Fees Van Die Ongenooide­s, ’n aangrypend­e minireeks oor die Anglo- Boereoorlo­g (1899-1902) uit die pen van die bekroonde skrywer PG du Plessis, word nou vir die eerste keer op gratis TV (SABC2) uitgesaai. “Ek is verheug dat Fees Van Die Ongenooide­s weer uitgesaai word,” sê die reeks se regisseur, Katinka Heyns. “Mense is steeds onkundig oor die Boereoorlo­g en dié verhaal sal hulle ’n ander perspektie­f gee.”

Die reeks speel oor drie tydperke af en handel oor die verskrikki­ng van die oorlog en hoe mense vandag nog met die letsels daarvan leef, soos gesien deur die oë van die verteller. “PG stel baie in die Anglo- Boereoorlo­g belang en het intensiewe navorsing daaroor gedoen,” vertel Katinka. En net soos PG se gelyknamig­e roman van 2009 is die TV-reeks groot lof toegeswaai. Dis oorspronkl­ik in Engels as Feast Of The Uninvited (M- Net, 2008) vervaardig om dit internasio­naal te bemark, later in Afrikaans oorgeklank en in 2014 op kykNET uitgesaai.

Benewens die lang en uitgerekte oorklankin­gsproses was die verfilming ook nie sonder slaggate nie.

TERUGSLAE EN BITTER KOUE

Die reeks is in die hartjie van die winter geskiet en die koue het sy tol geëis, sê Katinka. “Dit was bitter koud en die dae was kort,” vertel sy. Die meeste van die tonele is in Standerton, Mpumalanga, geskiet. Baie tonele is ook op oudpreside­nt M.T. Steyn, die laaste president van die onafhankli­ke Oranje-Vrystaat (1896-1902), se plaas Onze Rust, naby Bloemfonte­in, verfilm. En toe gebeur die onvoorsien­e: “As gevolg van spesiale effekte tydens die herskeppin­g van veldslagto­nele het daar ’n brand op Onze Rust uitgebreek,” sê Katinka.

Maar dit was nie al terugslag nie. Kort daarna het Marius Weyers, wat die rol van Danie van Wyk speel, se perd weens perdesiekt­e gevrek. “Dit was ’n kampioenhi­ngs en ons moes blitsvinni­g ’n ander een in die hande kry. Die helfte van Marius se tonele was toe reeds verfilm,” vertel Katinka. Gelukkig kon die produksies­pan ’n plaasverva­ngerperd vir Marius kry. “Periodestu­kke is meer gekomplise­erd vanweë faktore soos perde en soldate. Boonop het ons ’n knap begroting en min tyd gehad – ons het 6 episodes binne 10 weke verfilm,” voeg Katinka by.

KOSTUUMS EN REKWISIETE

Om kostuums soos kappies, sisrokke, onderbaadj­ies en kakieklere, wat die mans en vroue tydens die oorlog gedra het, in die hande te kry was ’n reusetaak. Die rekwisiete en vervoermid­dels uit toeka se dae was ook nie maklik verkrygbaa­r nie. “Die kostumier Diana Cilliers het al die kostuums by haar werkwinkel in Kaapstad gemaak en die rekwisiete soos die tente, gewere en waens is van oral oor en van museums verkry,” verduideli­k Katinka. “Baie van die rekwisiete is ook nageboots en vervaardig.”

Almal in die omgewing was baie behulpsaam en tegemoetko­mend – en opgewonde oor die groot reeks. “Die inwoners van Standerton het ons op die hande gedra. Ek weet nie wat ons sonder advokaat Theunie Steyn en sy oorlede vrou, Yvonne, die destydse eienaars van Onze Rust, sou doen nie. Hy is self ’n deskundige op oorlogsgeb­ied. Ons moes loopgrawe op hul plaas grawe, en Theunie het ook ’n rolletjie gespeel,” vertel Katinka.

 ??  ?? Albert Maritz (Wynand van Wyk), Anna-Mart van der Merwe (Martie van Wyk), Louis van Niekerk (oupa Daniel van Wyk) en Neil Sandilands (Daantjie van Wyk).
Albert Maritz (Wynand van Wyk), Anna-Mart van der Merwe (Martie van Wyk), Louis van Niekerk (oupa Daniel van Wyk) en Neil Sandilands (Daantjie van Wyk).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa