TV Plus (Afrikaans)

LEON-FRITZ SE VRAE AAN ROB

-

Hoe het jy gevoel toe die aanbieder Minki Joubert jou vertel jy is onder die topvyf boere?

Ek moet bieg ek was ’n bietjie onkant gevang en bekommerd, want ek het aanvanklik ingeskryf net om briewe te kry. Maar nou ja, toe het die reis begin!

En op grond waarvan het jy die vyf uit die tien meisies (episode 3) gekies?

Dit was ’n kombinasie van verskillen­de dinge soos voorkoms en persoonlik­heid. Maar die belangriks­te was dat hul briewe ’n goeie weerspieël­ing moes wees van wie en wat elkeen is.

Het jy enigsins getwyfel oor jou aanvanklik­e keuses?

Dis maar altyd moeilik om keuses te maak, veral as die skone geslag ter sprake kom. Maar ek het my instinktie­we aanvoeling vertrou en was rustig oor my keuses.

Wanneer jy keuses moes maak, het jy meesal jou kop of jou hart gevolg?

kombinasie van albei.

Dit is ’n

Wat was vir jou die moeilikste deel om aan hierdie reeks deel te neem?

Ek moes my werksaamhe­de en verantwoor­delikhede op die plaas so ’n bietjie opsy skuif omdat ons topvyf boere tydens opnames baie tyd weg van die plaas was.

Het jy ’n lysie van die belangriks­te eienskappe wat jy in jou droomvrou soek?

Nee, glad nie. My droomvrou moet beslis ’n sterk persoonlik­heid hê, maar ook “kind” wees.

 ??  ?? Rob is ’n melkboer van Knysna. Leon-Fritz het ’n gemengde boerdery in Roedtan, Limpopo.
Rob is ’n melkboer van Knysna. Leon-Fritz het ’n gemengde boerdery in Roedtan, Limpopo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa