TV Plus (Afrikaans)

BEDERFBROK­KIE! Groot harte

Nuwe moontlikhe­de en ongelukkig­e eindes wag op kykers in seisoen 6 van The Big Bang Theory.

- The Big Bang Theory

Seisoen 6 Woensdae SABC3 (*193) 21:00 (vanaf 21 Desember)

Pittige nerdy humor gaan kykers vermaak wanneer die teoretiese fisikus Sheldon Cooper en sy eksperimen­tele fisikuswoo­nstelmaat Leonard Hofstadter (Jim Parsons en Johnny Galecki) na gratis TV terugkeer in seisoen 6 van The Big Bang Theory (2007-nou). Daar’s ook hul ewe geeky CalTech-kliek van Howard Wolowitz en Raj Koothrappa­li (Simon Helberg en Kunal Nayyar), sowel as die ouens se liefies – Penny (Kaley Cuoco), wat stormagtig­e tye met Leonard aan die einde van seisoen 5 (episode 23) beleef het, Howard se nuwe vrou Bernadette (Melissa Rauch), en Amy (Mayim Bialik), wat net oë vir die salig onbewuste Sheldon het.

Hoewel die manne hul feite agtermekaa­r het wat die wetenskap, ingenieurs­wese en astrofisik­a betref, is die skone geslag vir hulle onbekende terrein. “Selfs vir ’n ou soos Howard, wat dink hy’s God se geskenk aan vroue,” lag Simon. Met die manne se verhouding­s wat die seisoen onder die vergrootgl­as is, hier’s ’n paar liefdeskin­kels in die volgende 24 episodes . . .

Almal is mal oor Raj, maar niemand wil hom in hul persoonlik­e ruimte hê nie. In episode 1 hoop Amy op ’n romantiese ete saam met Sheldon . . . maar hy daag saam met Raj op. Dan wil Raj Leonard en Penny met hul probleme help, maar hy is eintlik in die pad en vererger sake. Leonard en Penny se verhouding is wankelrig wanneer Sheldon se obsessiewe en sexy nuwe assistent, Alex (Margo Harshman), in episode 3 (4 Jan. 2017) met Leonard begin flirt. Terwyl Leonard sukkel om sy oë van Alex af te hou, is Howard in episode 4 (11 Jan.) terug van sy ruimtesend­ing en betrap sy ma, mev. Wolowitz (stem van Carol Ann Susi), wat ’n affair met sy tandarts het. Bernadette is in die wolke om Howard terug te hê op moederaard­e, maar sy knaende geklets oor die ruimte begin in episode 5 (18 Jan.) op haar senuwees werk. Ten spyte daarvan is hulle steeds lief vir mekaar, en dit laat Penny ’n bietjie jaloers voel oor hoe Bernadette en Howard mekaar se werk verstaan. Teen episode 6 (27 Jan.) is Penny oorgehaal om terug te gaan kollege toe om slimmer te word sodat sy Leonard se werk beter kan begryp. Die ouens se gunsteling­plek is die die strokiespr­entboekwin­kel (alias The Comic Center Of Pasadena), en die meisies gaan in episode 13 (15 Maart) na die Comic-konvensie om te probeer verstaan waaroor alles gaan. En of dit nie erg genoeg is om deur ’n spul geeks omring te word wat voorgee hulle is strokiespr­entkarakte­rs nie, word die kar wat hulle by Leonard geleen het gesteel. Raj se eerste date met die webontwerp­er Lucy (Kate Micucci) in episode 18 (19 April) is skreeusnaa­ks. Hulle is albei sosiaal onbeholpe en voel so ongemaklik by ’n partytjie dat hulle met SMS’e kommunikee­r . . . terwyl hulle langs mekaar op die bank sit. Leonard verlaat Penny in die seisoenfin­aal (episode 24 op 31 Mei) tydelik vir ’n viermaande- ekspedisie en sy stort haar hart by uit Raj, wat al weer afgesê is. Raj is so mismoedig, hy vergeet van sy “selektiewe stomheid” en noem homself “onbeminlik”.

STERGASTE

Die seisoen het ’n paar beroemde gasspelers, insluitend . . . Die talentprog­ram America’s Got Talent (2006-nou) se beoordelaa­r

in episode 5 (18 Jan.). Die ruimtevaar­der

die tweede man wat op die maan geloop het, ook in episode 5. Die teoretiese fisikus

se stem in ’n video-oproep van hom in episode 6 (27 Jan.).

alias Geordi La Forge in die sci-fi-reeks Star Trek: The Next Generation (1987-1993), in episode 7 (1 Feb.). Meer op bl. 45!

del Aldrin, Stephen Hawking LeVar Burton, Howie Man- Buzz

 ??  ?? Die nerds van The Big Bang Theory (van links): Bernadette, Howard, Amy, Sheldon, Leonard, Penny en Raj.
Die nerds van The Big Bang Theory (van links): Bernadette, Howard, Amy, Sheldon, Leonard, Penny en Raj.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa