TV Plus (Afrikaans)

Nog ’n noot

Noot Vir Noot kom terug in ’n splinternu­we tydgleuf met hope nuwe pret.

-

Hallo, tvplus. Ek is ’n groot aanhanger van Noot Vir Noot. Wanneer kom die reeks terug? – AMANDA JOHNSON, ALBERTON, PER E-POS

Noot Vir Noot (1991-nou) word weer vanaf Mei 2017 op SABC2 uitgesaai, maar die spesifieke datum is nog nie bevestig nie. Die groot nuus is die reeks keer in ’n nuwe tydgleuf terug! “Noot Vir Noot gaan dan Donderdaga­ande om 19:00 uitgesaai word,” sê die reeks se aanbieder, Johan Stemmet. “Ons is opgewonde omdat dit in die spitskykty­d val, teenoor ons gewone uitsaaityd op Vrydae om 20:00, wat effens laat was. Nou kan die hele gesin inskakel om deel te neem aan Noot Vir Noot.” Die reeks is ook vir ’n nuwe geslag aangepas om tred te hou met hulle. “Ons was verbaas hoeveel van die jonger geslag in Noot Vir Noot belangstel,” sê Johan. Hy het ook verklap daar is heelwat nuwe en bekende speletjies en ’n splintersp­eletjie waartydens ons die orkeslede gaan hoor sing. Soos gewoonlik is daar ook ’n episode (22) net vir bekende deelnemers wat later uitgesaai gaan word. “Dis ’n heerlike episode omdat van die snaaksste bekendes gaan deelneem. Kykers sal vir Terence Bridgett, Anne Hirsch, Jack Parow en Jonathan van RadioRaps in aksie sien.” * Teen tvplus se druktyd kon 7de Laan nog nie bevestig wat met hul tydgleuf gaan gebeur nie. Volgens Rosa-Mari Erasmus, publisitei­tsbeampte by 7de Laan, dra hulle geen kennis van die tydsverand­ering nie. Sy sê: “Ons vervaardig­er vergader met die SABC om meer inligting oor die saak te kry.” Lees meer op bl.5.

 ??  ?? Johan Stemmet is opgewonde oor Noot Vir Noot se nuwe speletjies.
Johan Stemmet is opgewonde oor Noot Vir Noot se nuwe speletjies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa