Bold & Beautiful
Weekdae SABC3 (*193) 18:00 Sepie
Van prettige drankie-manewales in die kombuis op Donderdag 30 Maart verval Katie Spencer (Heather Tom) gou in ’n vernederende desperaatheid op Vrydag 31 Maart. Alkohol verhoog Katie se reeds uiterste gevalle van vooren teenspoed van haar (onbehandelde) bipolêre siekte, tesame met haar onsekerhede oor haar manstelende suster Brooke (Katherine Kelly Lang).
Op Vrydag 31 Maart sê Katie vir haar man Bill (Don Diamont): “Ek glo jou wanneer jy vir my sê jy is lief vir my en dat jy toegewyd is aan my en ons gesin, maar . . . jy kan my nie vra om al daardie beloftes te vergeet wat jy verbreek het toe jy geweet het Brooke wou jou hê nie.” En wanneer Brooke vir haar sê sy klou aan die bottel, gooi Katie haar drankie teen die muur en gil: “Jy dink ek het dit nodig?! Nee! Wat ek nodig het van jou, is ’n bietjie respek! Jy dink jy het my man in ’n grootmoedige oomblik teruggegee! Jy dink hy is joune om te vat en joune om te gee!” Maar wanneer Brooke Katie vra wat sy regtig wil hê, snik Katie in haar arms en vra: “Hoe kan enigeen my liefhê?”
Katie belowe om op te hou drink ter wille van haar gesin, maar nadat Brooke weg is, tel Katie die gebreekte glas op en bring dit na haar mond vir die laaste sluk. “Sy is in ’n groot gemors,” verduidelik Heather. “Ek dink vir haar is dit nie soseer ‘Ek het ’n drankie nodig!’ nie. Dis eerder ’n selfveragtende ding. Sy is op die bodem van waar sy kan wees en om die drankie uit die gebreekte glas te drink maak op die oomblik vir haar sin. Katie het haar lewe lank ’n minderwaardigheidsgevoel en dit gaan nie weg net omdat jy met die regte man getrou het en ’n lewe lei waarvan jy gedroom het nie.” Meer op bl. 16.