Drama: Rillington Place, Ray Donovan, Chance
Ray Donovan het baie kopsere in seisoen 2 – en dis nie net oor Mickey nie . . .
Die Los Angeles-regrukker Ray (Liev Schreiber) baklei sy pad terug na gratis TV met seisoen 2 van Ray Donovan (2013-nou) wat op e.tv begin. Seisoen 1 het geëindig met die Boston-huurmoordenaar Sully (James Wood) wat doodgeskiet is, en Liev vertel: “Ray is ’n ander man as die een wat ons in seisoen 1 leer ken het. Hy was seker van homself en sy optrede, maar sedertdien het hy baie deurgemaak. Hy is nou op ’n laagtepunt.” Liev voeg by “Ray was al ’n paar keer daar [lag], maar dis nou ’n baie belangrike tyd vir hom”. En ’n klomp belangrike dinge gebeur ook met die mense rondom Ray.
Daryll
Ray se halfbroer (Pooch Hall, Derwin in die voetbaldramedie The Game, 2006-2015) voel ingedoen in episode 7 (2 Augustus) wanneer hul pa, Mickey, die Cadillac
weggee wat Darryl al begeer sedert hy 12 was. 2 Die twyfelagtige Mickey (Jon Voight, lord Croft in die 2001fliek Lara Croft: Tomb Raider) is besig met ’n boksverneukspul in Mexiko in episode 1, maar die FBI is op sy spoor. 3 Ray se gekwelde vrou Abby (Paula Malcomson, Maureen Ashby in die motorfietsdrama Sons Of Anarchy, 2008-2014) is ’n strawwe drinker wat hom verkul teen episode 9 (16 Aug.).
4 Ray het sy hande vol. Hy probeer Mickey in toom hou, uitoorlê die FBI in episode 5 (19 Julie), en probeer agterkom wat met Abby aangaan wanneer sy verdwyn en hul kinders alleen by die huis los. 5 Ray se boksafrigterbroer Terry (Eddie Marsan, Mr. Norrell in die fantasie-minireeks Jonathan Strange & Mr. Norrell, 2015) is obsessief oor die verpleegster wat hom vir Parkinsonsiekte behandel en hulle het ’n affair. 6 En Ray se seksueel misbruikte, alkoholis-kleinboet Bunchy (Dash Mihok, speurder Flass in die sci-fi-reeks Gotham, 2015-nou) verloor kop in episode 6 (26 Julie) wanneer sy enkelma-meisie hom in ’n moeilike posisie met haar jong seun plaas.
• Lees meer op bl. 55.