ESCAMECA (BLOUBOORDJIE)
1 DAN FOLEY (47), posmasjinerietegnikus
Eienskappe: Eiewys, analities, vermoë om mense op te som en “ek eet enigiets, maak nie saak hoe grillerig nie”.
Verpes: Stadige bestuurders en diegene wat nie die kompetisiereëls volg nie.
Jeff sê: Hy’s beslis ’n buiteperd. Hy het ’n ingesteldheid van probleemoplossing en is sosiaal. Ek dink Dan sal verder as die samesmelting vorder. 2 MIKE HOLLOWAY (38), olieboorman
Eienskappe: Toegewyd, gefokus, lojaal en ’n vegter met ’n “vasbyt- endeurdruk-houding”.
Verpes: Swak tydsbestuur en persoonlike higiëne. “Daar’s niks ergers as tande wat nie geborsel is nie,” sê hy.
Jeff sê: Mike is fisiek indrukwekkend en skrik nie vir harde werk nie. Hy’s gewoond aan moeilike omstandighede – sy beroep as olieboorman is taai.
SIERRA THOMAS (27), rodeo3 cowgirl Eienskappe: Atleties, kompeterend en strategies. “Ek is nie net ’n mooi gesiggie nie – ek’s ’n rodeokampioen en deins nie terug vir ’n man se werk nie.”
Verpes: Swak tydsbestuur, mense wat oopmond kou en apatie – “Probeer ten minste jou bes doen!”
Jeff sê: Sy gaan ’n hele paar manlike deelnemers klippe laat kou deur kop aan kop met hulle te bly.
4 LINDSEY CASCADDAN (24), haarkapper Eienskappe: Bekkig en “super-kompeterend in enigiets wat met fiksheid te doen het. Ek’s ’n perfekte storm: slim, strategies en sterk.”
Verpes: Irriterende aksente, voorbarige en beterweterige mense wat te veel praat. Jeff sê: Sy sal die uitdagings gemaklik kan aandurf en behoort nie met die beloningsuitdagings te sukkel nie. Hoe Lindsey gaan inpas is ’n ander storie . . . 5 KELLY REMINGTON (44), polisievrou
Eienskappe: Streng, en “ek’s nie bang om mense op hul plek te sit nie. Ek hou daarvan dat ek my pepersproei, skokstok en boeie kan gebruik voor ek soggens by die huis uitstap.” [Lag.] Verpes: Vaste verbintenisse. Jeff sê: Ek hou van gesagsfigure, want hulle bring iets spesiaals na Survivor. Kelly sal nie net toekyk en die mans alles laat doen nie: Ek dink sy sal probeer bewys sy kan met hulle saampraat. 6 RODNEY LAVOIE JR. (24), kontrakteur Eienskappe: Atleties, oorredend, manipulerend en “absoluut voortvarend”. Verpes: Ouens wat soentjie-selfies in klubs neem. Jeff sê: Rodney is snaaks en laat my lag. Hy is ’n tipiese klub- en partytjiedier, maar hy weet hoe om die spel te speel. Laat ons sien of hy homself kan bewys.
NAGAROTE (ONVERBONDE) 1 JOE ANGLIM (25), juweliersontwerper Eienskappe: Gemotiveerd, sjarmant en bedrewe in enige aktiwiteit, binnenshuis of buite. Verpes: Swak higiëne en onbeskofte mense wat die woord “like” te veel sê. Jeff sê: Ek hou van hierdie ou. Hy geniet die buitelewe en het ’n groot teenwoordigheid. Hy behoort ver te kom. 2 WILL SIMS (41), YouTube-ster
Eienskappe: Lojaal, sosiale netwerker, spanspeler en goeie mensekennis.
Verpes: Mense wat nie fooitjies gee nie en mense wat weier om te aanvaar wanneer hulle verkeerd is.
Jeff sê: Hy hou daarvan om ’n groot geraas te maak. Will is hier om die geld te wen en gee nie om oor wie hy moet loop om dit reg te kry nie. 3 NINA POERSCH (51), dowe advokaat
Eienskappe: Oorredend, vernuftig en “ek’s pro-aktief wanneer dit by leierskap kom. Ek hou nie van verrassings nie. Ek het my doofheid oorkom – niks is te groot vir my nie.”
Verpes: Swak maniere, mense wat nie kalm kan praat nie en skeef parkeer.
Jeff sê: Baasspelerigheid wen nie altyd vir jou vriende nie, selfs al laat dit jou stam immuniteit, kos en belonings wen. 4 JENN BROWN (22), seil-instrukteur
Eienskappe: Ekstrovert, selfstandig, strategies, en “ek kan myself uit enige situasie praat”.
Verpes: Om in winterpajamas te slaap en “mense wat dink ek’s te jonk en onervare. Ek het die wêreld alleen platgereis net omdat ek kon,” sê sy.
Jeff sê: Ek hou van Jenn. Sy is jonk maar sy’t al so baie gedoen, en sy is nie bang om dinge alleen aan te pak nie. 5 HALI FORD (25), regstudent
Eienskappe: Adrenalienslaaf, vasbeslote, gefokus en nie bang om die bul by die horings te pak nie.
Verpes: Mense wat tyd, hulpbronne of enigiets anders wat waardevol is mors.
Jeff sê: Hali is strategies en analities. Sy studeer in die regte – jy moet kopspeletjies kan speel daarvoor. Maar is sy taai genoeg om hierdie soort manipulasie en rugstekery te kan hanteer?
VINCE SLY (32), kokosneut-handelaar 6 Eienskappe: Magneties, sexy en vol kwinkslae, en “ek’s wonderlik met konflikoplossing”, lag Vince.
Verpes: Snorkers, luiheid en “goed wat tussen my tande vassit. Ek kan dit nie verdra nie!”
Jeff sê: Komaan – die ou verkoop kokosneute. En ek dink sy ego kan dalk in sy pad staan.