The Good Place
Inmengerige ma’s, gek kollegas en nuuskantoor-chaos tree op die voorgrond in Great News.
Wanneer jy inskakel vir ’n belangrike bulletin in die sitkom Great News (2017-nou), onthou: “KatieWendelson is ’n ambisieuse vervaardiger van die nuusreeks The Breakdown,” verduidelik die hoofspeler Briga Heelan (Jenny in die komedie Ground Floor, 2013-2015). “Sy goël met die ego’s van haar twee ankers, en dan kry haar ma ’n internskap by die reeks!” Babaoppassery is nie die enigste ding wat haar terughou nie, skimp Briga. “Katie wil haar stem vind, maar het nog nie vertroue nie. Sy wil ’n ernstige joernalis wees, maar dit gebeur nie oornag nie.”
DIE NUUSSPAN
Katie se ma, Carol (Andrea Martin, Marilyn in die reeks Difficult People, 2015-nou), is mal oor haar nuwe werk, haar dogter en om almal te probeer help. Dit beteken nie haar planne werk
uit nie. Greg Walsh (Adam Campbell, die jong Ducky Mallard in die NCIS-terugflitse,
2003-nou) is Katie se Britse baas wat sy familie wil beïndruk, want hulle besit die netwerk! Chuck Pierce (John Michael Higgins, Peter in die sitkom Happily Divorced, 2011-2013) is die getikte nuusanker wat moeilik is om tevrede te stel.
Portia Scott-Griffith (Nicole Richie van die realiteitsreeks Candidly Nicole, 2014-2015) gee voor sy is bekwaam as Chuck se media-slim jonger mede-anker. En “Just Justin” (Horatio Sanz, Heywood in die aksiereeks Scorpion, 2014nou – sien bl. 47), is Katie se videoredakteur-bestie en troostante wanneer sy by hom stoom afblaas.
KOMEDIE-GROOTKOPPE
Great News kan jou aan die bekroonde komediereeks 30 Rock (2006-2013) herinner, want dis geskep deur die 30 Rock-skrywer Tracey
Wigfield, wat ’n kameerol as Beth Vliek het. Die uitvoerende vervaardiger is Tina
Fey, 30 Rock se Liz Lemon.