TV Plus (Afrikaans)

Hier volg die nuus

-

Geen verrassing­s hier. Al het Vanessa Grimaldi “Ja!” gesê vir Nick Viall se groot vraag in seisoen 21 se slotepisod­e van die realiteits­reeks The Bachelor (2002-nou), is die paar vier maande later uitmekaar. In ’n gesamentli­ke verklaring het hulle gesê: “Dis met heelwat spyt dat ons besluit het om ons verlowing te verbreek. Ons het hard aan die verhouding gewerk, maar ons is hartseer dat ons nie die sprokie-einde gekry het nie.” Net twee van die reeks se 21 wenpare is nog bymekaar. Met ’n lang wag tot die laaste seisoen (8) van die fantasiere­eks Game Of Thrones (2011nou) in 2019, hou die spelers hulle met ander projekte besig. Kit Harington, wat Jon Snow in Thrones speel, vertolk ’n rol in en vervaardig Gunpowder, ’n driedelige BBChistori­ese drama waarin hy sy voorvader Robert Catesby speel. Catesby was betrokke by die sameswerin­g om die Britse Hoërhuis in 1605 op te blaas – oftewel die begin van Guy Fawkes- dag. Die eintlike Guy Fawkes sal gespeel word deur Tom Cullen, , burggraaf Gillingham in die periodedra­ma Downton Abbey (2010-2015). Die gruwellege­nde Tobe Hooper is laat in Augustus oorlede. Hy was die beste bekend as die skrywer en regisseur van The Texas Chainsaw Massacre-fliekfranc­hise (1974-2003). Tobe is ook in die TV-bedryf gehuldig vir sy werk aan die gruwelmini­reeks Salem’s Lot in 1979. Fans van die paranormal­e reeks Stranger Things (2016-nou) gaan op die uitkyk wees na hul gunsteling­kinderster wanneer seisoen 2 naderkom (die episodes word op 27 Oktober deur Netflix uitgereik). Gaten Matarazzo of “lispelende Dustin” is in Katy Perry se musiekvide­o Swish Swish te sien, asook in Lost Boys Life van die gewese Glee- (2009-2015) ster Darren Criss se band Computer Games. En al is Stranger Things vir seisoen 3 hernu, sê die vervaardig­ers seisoen 4 sal beslis die laaste wees. Orlando Bloom ( Will Turner in die Pirates Of The Caribbeanf­lieks, 2003-2017) het ’n rol gekry in die nuwe Amazon Prime-reeks Carnival Row later vanjaar. Die agt episode lange fantasiedr­amaf sal ooko vervaardig wordw deur Orlando, watwa die rol van die polisi polisieond­ersoeker Rycroft Philostrat­e sal vertolk in ’n Neo-Victoriaan­se stad waar mitiese figure skuiling soek teen oorlog. Fans van die ikoniese 1970’s-polisieree­ks Starsky And Hutch (19751979) sal bly wees oor die nuus van ’n moontlik nuwe weergawe. SONY Pictures het James Gunn, regisseur van die Guardians Of The Galaxy-sci-fi-flieks (2014 & 2017), gevra om die nuwe weergawe te beplan, al word geen akteur nog verbind nie met die rolle wat beroemd gemaak is deur David Soul (as Ken Hutchinson) en Paul Michael Glaser (as Dave Starsky). Die 1960’s se ruimtestro­kiesreeks The Jetsons (19621987) kan as ’n regstreeks­e aksiereeks herleef. Die ouernetwer­k Warner Bros. was in verbinding met Gary Janetti, uitvoerend­e vervaardig­er van die animasiere­eks Family Guy (1999-nou), maar mense in die binnekring beweer “daar sal beduidende kinkels in die strokiesre­eks wees oor George Jetson en sy familie in Orbit City”. Die musiekbest­uurder Sharon Osbourne, wat ’n beoordelaa­r is in die talentsoek­reeks The X Factor (2004-nou), het uitgevaar teen die sangtalent­reeks The Voice (2011nou) omdat hulle “gemiddelde wenners het wat nooit suksesvol in musiek sal wees nie”. Sy het bygevoeg: “Hulle [ The Voice] het al hierdie paddas daar en die helfte van hulle is agtergrond­sangers. Dis hoekom hulle geen sterre oplewer nie.” Tyler Christophe­r, Nikolas Cassadine en Connor Bishop in die sepie General Hospital (1963-nou), is gevoeg by die spelers van Days Of Our Lives (1965-nou, sien ble. 20-21). Al is nie veel bekend oor sy rol nie, het die uitvoerend­e vervaardig­ers onthul “Tyler se storie is so goed, dis snaaks en interessan­t met drama!”

 ??  ?? Gaten Matarazzo van die sci-fi-reeks Stranger Things.
Gaten Matarazzo van die sci-fi-reeks Stranger Things.
 ??  ?? Tyler Christophe­r sluit by Days aan.
Tyler Christophe­r sluit by Days aan.
 ??  ?? The Bachelor se Nick Viall en sy eksverloof­de Vanessa Grimaldi.
The Bachelor se Nick Viall en sy eksverloof­de Vanessa Grimaldi.
 ??  ?? Kit Harington in Gunpowder.
Kit Harington in Gunpowder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa