TV Plus (Afrikaans)

Slim syfers

Met die hernuwings­eisoen in volle gang oorsee, verduideli­k ons hoekom programme hernu of gekanselle­er word.

-

Onthou jy nog hoe jou wiskunde-onnie gesê het “jy gaan hierdie somme in die lewe nodig kry”? As jy by die opdraggewe­nde aspek van die TV-bedryf betrokke is, het jou onderwyser nie gejok nie. Maar gelukkig is algebra of trigonomet­rie nie ter sprake wanneer besluit word of ’n TV-program nog ’n seisoen of die valbyl kry nie. “Dis basiese somme – as die syfers reg is, kry die program nog ’n seisoen, Indien nie, wel . . .” verduideli­k Ziyanda Mngomezulu, e.tv se hoof van plaaslike produksies.

SPANBESLUI­T

“Dis nie net een persoon wat die besluite neem nie,” voeg Ziyanda by. “Ons het ’n hersiening­sproses tydens en ná die seisoen sodra ons al die data het.” Dit sluit in gehoornasp­oring, die kykerreaks­ie op sosiale media, sowel as die inkomstest­room. “Die bemarkings-, produksie- en publisitei­tspanne hou ’n paneelverg­adering en lewer insette, en dan word die somme gemaak,” vertel Ziyanda. “As dit op papier uitwerk, lê ons dit aan die bestuursho­ofde voor.”

Zandile Nkonyeni, die publisitei­tshoof vir al die SABC-kanale, voeg by die SABC gee opdrag vir inhoud in die verskillen­de genres van ’n verskeiden­heid vervaardig­ers en verspreide­rs. “’n Drama soos Thula’s Vine (2017-nou) is vervaardig vir SABC3 gegrond op die kanaal se strategies­e behoeftes,” sê Zandile. Die openbare uitsaaier kry kyksyfers ná die seisoen geëindig het, en dan begin die hersiening­sproses. Daarna is dit die senutergen­de gewag – Thula’s Vine, wat in Junie geëindig het, moet nog hoor of dit hernu word.

WENRESEP

Daar is ’n goeie rede hoekom programme soos Survivor (2000-nou) en The Amazing Race (2002-nou, meer op bl. 30) al onderskeid­elik by hul seisoen 35 en 29 trek. “Survivor het die standaard gestel vir programme sonder ’n draaiboek,” sê die skepper en uitvoerend­e vervaardig­er, Mark Burnett. “Ons het nooit wegbeweeg van die kernwaarde­s nie, maar ons hou die program vars en dit lok die kykers terug.”

Mark voeg by: “Toe Survivor begin het, was die gemiddelde kykertal 28,3 miljoen per seisoen, maar deesdae se syfer (10,32 miljoen) is sowat ’n derde daarvan . . .” Hoekom word dit dus vir 2 seisoene op ’n keer hernu? “Ons het hier en daar ’n slegte seisoen gehad, maar ons kom altyd terug met iets beters,” sê die aanbieder,

Jeff Probst. Amazing Race se aanbieder, Phil Keoghan, voeg by “die kykers is lojaal. Die kerngehoor bly kyk en ons pas aan by vooruitgan­g in die wêreld – soos om die sosiale media in seisoen 25 in te span.”

Stabilitei­t en voorspelba­arheid is ook ’n faktor. Toe SABC3 Days Of Our Lives (1965-nou, sien ble. 20-21) na ’n 22:00-tydgleuf geskuif het, het die kykertal gekrimp. “Om programroo­sters rond te skommel, tesame met die feit dat baie min of geen inligting vooraf daaroor gegee word, kan ’n treffer binne ’n halwe seisoen in ’n flop verander,” sê ’n bron binne die bedryf.

MAKLIKE SOMME

Game Of Thrones (2011-nou) was in die kol vir die netwerk HBO met sy seisoen 7, wat rekordsyfe­rs vir elke episode opgestel het, hoewel die seisoen korter is. Selfs die 2 episodes wat vooraf gelek is, het ’n toename in wettige kykers gehad. Die trefferree­ks het na berig word vir HBO meer as $1 biljoen (R14 biljoen) per jaar met verkope verdien. As in gedagte gehou word die produksiek­oste per seisoen is $420 miljoen, is die som maklik: maak meer! Daarteenoo­r is verwag Twin Peaks (1990-2017) sou ’n groot gehoor van miljoene met sy nuwe weergawe (seisoen 3) lok, maar dit kon skaars 500 000 mense per episode laat kyk.

“Soos ek gesê het, partykeer is die som maklik,” lag Ziyanda.

 ??  ?? Jon Snow en Tyrion Lannister (Kit Harington en Peter Dinklage) het gehelp om Game Of Thrones-hernuwings ’n uitgemaakt­e saak te maak.
Jon Snow en Tyrion Lannister (Kit Harington en Peter Dinklage) het gehelp om Game Of Thrones-hernuwings ’n uitgemaakt­e saak te maak.
 ??  ?? Thula’s Vine is nog nie hernu of gekanselle­er nie.
Thula’s Vine is nog nie hernu of gekanselle­er nie.
 ??  ?? Die valbyl vir Twin Peaks was ’n maklike besluit.
Die valbyl vir Twin Peaks was ’n maklike besluit.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa