TV Plus (Afrikaans)

Huis op horings

Damien krap die Abrahamse se gesinsake deurmekaar.

-

Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30

Dis twee weke later, en daar’s baie drama noudat dr. Steve Abrahams (Clint Brink) se langverlor­e seun, Damien (Donovan Pietersen), onder die gesin se dak kom nesskop het. Op Woensdag 13 September vind Bronwyn (Kim Cloete) uit Damien het leesproble­me, en hy erken die volgende dag hy is ongeletter­d.

“Damien is verleë omdat hy nie kan lees of skryf nie. Nou dink mense hy’s dom en dit knou sy selfbeeld,” verduideli­k Donovan.

Dinge word ook vererger deur Steve en Bronwyn se bedorwe dogter, Lexi (Keisha Skeï), wat glad nie opgepluk is met haar halfbroer wat hom in haar private ruimte kom tuismaak het nie.

ONDER HAAR VLERK

Lexi se matriekafs­keid is om die draai en wanneer sy uitvind haar eks Ross (Luan Jacobs) het reeds iemand anders gevra, sit sy sonder er ’n metgesel. “Maar gelukkig kom Steve met ’n blink plan vorendag – hy stel voor Lexi neem Damien as haar metgesel,” verklap Donovan. Hoewel die hardkop- pige Lexi eers weier, besef sy dit is ’n oplossing en stem in.

Moederhen Bronwyn probeer soos altyd om die vrede te bewaar. “Sy stel voor Damien kry berading omdat dit met sy leesproble­me kan help. Sy en Steve doen ook alles wat hulle kan om Lexi se matriekafs­keid [Dinsdag 26 September] ’n spesiale aand te maak,” vertel Donovan.

Damien is self nie gretig om na die affêre toe te gaan nie, veral omdat hy nie die regte klere vir so ’n geleenthei­d het nie, maar Bronwyn kom weer tot sy redding met ’n deftige pak.

TE VEEL VAN ’N GOEIE DING?

Op Donderdag 21 September verras Damien Bronwyn wanneer hy sy moue in die kombuis oprol en koeksister­s bak vir Lexi se entreprene­ursdag by die skool. “Bronwyn sien baie potensiaal in Damie Damien en moedig hom aan. Da Damien kyk skielik met blink, b bewonderen­de oë na haar, w want dis die eerste keer in s sy lewe dat iemand hom m motiveer,” verduideli­k D Donovan.

Maar té veel van ’n goeie ding is ook nie goed nie, en selfs Bronwyn begin wonder of Damien se bewonderin­g nie nog probleme in die Abrahams-huis gaan veroorsaak nie.

 ??  ?? Damien (links) woon nou onder Steve en Bronwyn se dak.
Damien (links) woon nou onder Steve en Bronwyn se dak.
 ??  ?? Lexi.
Lexi.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa