TV Plus (Afrikaans)

Te veel vir Barker

Barker Haines se hebsug kan Horizon Deep se ondergang beteken.

-

Isidingo

Weekdae SABC3 (*193) 19:00

Die sluwe Barker (Robert Whitehead) kry altyd sy sin. Maar die keer het die sakeman te veel hooi op sy vurk geneem met die grondeises­aak wat al maande sloer. Hy het op Donderdag 7 September ’n beroerte gekry ná ’n hou teen die kop deur sy grondeise-teenstande­r Ofentse (Kabelo Moalusi), en op Vrydag 22 September sal kykers geskok wees wanneer die herstellen­de magnaat sy humeur by The Duncan-hotel se Erfenisdag­vieringe verloor en hy in ’n rasende waansinnig­e met ’n oogklap verander.

FRUSTRASIE

Wat veronderst­el is om ’n dag van trots en Suid-Afrikaners­kap te wees, word ’n dag gevul met woede. Barker storm op Vrydag 22 September op die verhoog om ’n toespraak van Nikiwe (Linda Sokhulu) te onderbreek en beweer woedend: “Niemand sal The Duncan by my wegvat nie en niemand kan die grond van my wegvat nie!” vertel die Isidingo-regisseur Keke Mphumthi. “Barker se kop is op die slagtersbl­ok vir die grondeisep­robleme wat hy veroorsaak het. Die wat Barker teenstaan en bevraagtek­en hoe hy die grond gekry het, is ongelukkig en hulle wil toesien dat die magtige Barker Haines val.” En hul wens word dalk bewaarheid – in die middel van sy gebulder begin Barker flou voel en raak aan sy kop om hom te steun. “Hy’s veronderst­el om dinge rustig te vat,” voeg Keke by. “Hy is nie meer so sterk nie. Hy is regtig nie in ’n goeie toestand nie.” Nog voor Barker selfs die kans kry om inmekaar te sak word hy van die verhoog af gelei deur ’n verstomde Nikiwe en sy neef Bradley (Izak Davel), wat heeltyd aan sy sy was.

PROTESTEER­DER-MAG

Terwyl Barker by die deur uitgehelp word, storm ’n spul protesteer­ders by ’n ander in. Hulle het plakkate en dreunsing “Weg met Barker!” Hulle word gelei deur die myner Matlala (Robert Mpisi) en dring daarop aan dat Barker nie aan hul grond raak nie. “Die protesteer­ders hou hul plakkate op en gaan voort om tydens die kulturele byeenkoms as ’n drukgroep op te tree,” sê Keke. Speurder Eddie (Paul Buckby) probeer die betogers kalmeer en met hulle onderhande­l, maar sy woorde raak weg tydens die lawaai. Eddie ontbied veiligheid­swagte om die klomp na die binnehof te lei, verduideli­k Keke. “Maar wat Eddie nie weet nie, is daar is ’n verrassing­saanval net om die draai.”

 ??  ?? Betogers ontwrig die Erfenisdag­vieringe. Barker vaar uit in die middel van die feesvierin­ge.
Betogers ontwrig die Erfenisdag­vieringe. Barker vaar uit in die middel van die feesvierin­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa