TV Plus (Afrikaans)

Gedugte duo

Die bitter vyande Kate en Sami span saam om die DiMera-ryk te vernietig, een familielid op ’n slag.

-

Days Of Our Lives

Weekdae e.tv (*194) 17:30

As Sami en Kate (Alison Sweeney en Lauren Koslow) die energie wat hulle mors deur mekaar in die hare te vlieg eerder gebruik om as 'n span saam te werk, kan hulle onkeerbaar wees. En nou sien ons hoekom! Die DiMera Enterprise­s-raad kondig op Donderdag 14 September aan Kate en Sami is medeuitvoe­rende hoofde vir die volgende ses maande in EJ (James Scott) en Stefano (Joseph Mascolo) se afwesighei­d. Sami sê vir Kate: “Ek wil EJ op die rit van sy lewe neem. In een rigting – afwaarts.” Kate voeg by: “Ek kan Stefano binne ses maande opkerf. Vennote?” En terwyl Kate in 'n paar sake gaan inmeng, gaan vertel Sami vir EJ wat wag.

BORDJIES VERHANG

EJ is in die tronk ná Sami hom op hul huwelikson­thaal vir belastingo­ntduiking laat arresteer het, en op Vrydag 15 September leun Sami deur die tronktrali­es en lig EJ in: “Kate is Stefa- no se gevolmagti­gde en ek is nou joune. Is tegnologie nie wonderlik nie?” Dan sê Sami vir die geskokte EJ: “Jy het seks gehad met Abigail Deveraux (Kate Mansi), EJ, reg onder my neus. Jy't seker gelag en gedink: ‘O, die dom Sami. Sy sal tog nie weet wat ek aanvang nie.' Maar raai wat? Dis hoe dit voel as die bordjies verhang word, EJ, en dit gaan nog erger word. Ek gaan my daaraan toewy om jou lewe hel te maak.” Later, op Donderdag 21 September, vertel Sami EJ presies hoe sy sy ondergang beplan.

ONDER EEN DAK

Om EJ agter tralies te kry is net die begin. Kate sê op Vrydag 22 September vir Sami sy trek terug na Sami in die DiMera-herehuis. Kate voeg by: “Jy kan in die biblioteek gaan ontspan, of in die biljartkam­er of in enige van die 100 vertrekke in hierdie huis en jou Martini's drink, of jy kan met my saamwerk en seker maak almal wat ons ingeloop het, betaal . . . en betaal en betaal.” Sami stem halfhartig in en Kate onthul sy't die DiMera-portefeulj­e in twee groepe verdeel. Groep A is die een waaraan Kate en Sami al hul aandag sal wy sodat dit 'n sukses is – en hulle hul profession­ele reputasie behou. Groep B, aan die ander kant, is die afdelings waarin EJ en Stefano hul persoonlik­e fortuin belê het. En is dit nie jammer nie, maar Groep B gaan 'n geheimsinn­ige afswaai beleef . . . Dis net wanneer die polisieman Rafe (Galen Gering) op 'n amptelike besoek inloer om beslag te lê op sekere finansiële dokumente. Kate kyk na die papierwerk, skud haar kop en sê vir Sami: “Nou ja, hierdie is die afdelings waaroor ons pas gepraat het, Sami.” Wel, wat 'n toeval!

SKILDERY WAT SKRIK VIR NIKS

Dan is dit tyd om die herehuis onder hande te neem en Kate verklaar: “Ek dink ek gaan 'n binneversi­erder vir hierdie mangrot kry. Miskien bietjie swier, bietjie glans. En daardie afskuwelik­e ding [Stefano se skildery] is die eerste wat waai!” Wanneer EJ op Dinsdag 26 September by die herehuis instap (dankie, DiMera-prokureurs), sal die eerste ding wat hy raaksien 'n skildery van Kate en Sami wees – en hulle lyk glansryk en gedug. Met die twee wat nou saamwoon, n, gaan kykers 'n ander Kate en Sami sien. “Ons het soveel pret in ons pajamas in die spoghuis gehad om die tonele te verfilm,” sê Lauren. “Ons s wou wys hoe hul lewe in n die huis regtig was.”

DIE VOLMAAKTE PRENTJIE

Agter die skerms was die idee vir die skildery dat albei vroue in swart geklee sou wees, en met hul rug teen mekaar staan. Maar Alison en Lauren het beswaar gemaak. “Ons het gedink: ‘O, nee. Dit moet alles toon wat hierdie verhouding so besonders maak,” vertel Lauren. “Ons het koppe bymekaarge­sit met (Days se garderobeh­oof) Richard Blore oor die uitrusting­s, en ons het die foto's gevind wat Annie Leibovitz geneem het. Die vervaardig­ers het saamgestem dit sal 'n wonderlike uitbeeldin­g van die storielyn wees.”

 ??  ?? Kate (links) en Sami se plan begin seermaak, en die DiMeras gaan nie weet wat hulle getref het nie.
Kate (links) en Sami se plan begin seermaak, en die DiMeras gaan nie weet wat hulle getref het nie.
 ??  ?? Die skildery van Kate en Sami se “oorname” van die herehuis.
Die skildery van Kate en Sami se “oorname” van die herehuis.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa