TV Plus (Afrikaans)

’n Geveg om te sien

Gloria en Zinzile se geskree, gestamp en geklap laat dit aanlyn gons.

-

Scandal!

Weekdae e.tv (*194) 19:30

Zinzile Ngema (Gcina Nkosi) het haar voet dwars gesit en vir die skool gesê sy wil nie hê haar dogter Lindiwe (Nomvelo Makhanya) moet saam met Gloria Legae (Marjorie Langa) se stout seun Kgosi (Given Stuurman) werk aan ’n taak nie. Maar dit lyk of sy op ’n sosiale landmyn getrap het, want Gloria raak woedend wanneer sy uitvind Zinzile het Kgosi ’n slegte invloed genoem. Gloria konfrontee­r Zinzile op Vrydag 15 September in die openbaar in ’n ma-geveg so skouspelag­tig, dit word ’n aanlyn sosialemed­ia-sensasie op Maandag 18 September.

SNOBS TEEN PLOERTS

Zinzile se optrede bevestig alles wat Gloria vermoed van haar “snobberige” bure. “Sy het haar neus in hul familiesak­e probeer steek en hulle het haar geïgnoreer,” sê Marjorie. “Sy’t altyd vir haarself gesê: ‘ Wie dink jy is jy? Jy dink jy’s hoog en sterk.’” Deur Kgosi te kritiseer word ’n teer punt aangeraak. “Gloria was lank nie deel van Kgosi se lewe nie, want sy is van sy pa geskei, daarom beskerm sy die seun selfs al is dit onnodig. Sy dink haar seun is ’n engel en kan niks verkeerds doen nie.”

KWAAI WOORDE

Maar Zinzile het genoeg gehad. “Baie mense wou hê Gloria moes ’n klap kry. Dis so uit karakter vir Zinzile om die een te wees wat dit doen, maar selfs sy het keelvol geraak vir Gloria,” sê Marjorie laggend. En toe Gloria per ongeluk val tydens die stoeiery, kan jy maar weet sy probeer munt slaan daaruit. “Gloria sê Zinzile het haar gestamp. Sy kry krukke êrens vandaan en begin hink. Maar sy het nie eens seergekry nie!” Die video wat volg, is soos poeding vir Gloria, maar Marjorie self het empatie met Zinzile se vernederin­g. “Dis so moeilik, selfs om in die openbaar te wees en iets normaals te doen en iemand neem foto’s van jou – ek sou sterf!” sê sy.

FAMILIEVET­E

Die families verbreek alle bande op Woensdag 20 September, kort nadat Gloria probeer het om Zinzile gearrestee­r te kry. Maar Lindiwe en Kgosi gaan die situasie probeer “regstel”, en soos hul onnies weet, is die twee nie die skerpste potlode in die blikkie nie. Die geveg het pas begin . . .

DAAR LÊ SY! Omdat die bakleiery sulke opslae maak, moes Marjorie Langa as Gloria regtig val. Scandal! het ’n waaghals laat kom om haar te wys hoe om veilig te val.

 ??  ?? Dis oorlog vir Kgosi (links) en Gloria (naaslinks) teen Lindiwe en Zinzile.
Dis oorlog vir Kgosi (links) en Gloria (naaslinks) teen Lindiwe en Zinzile.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa