TV Plus (Afrikaans)

Wie laaste lag . . .

Alles is geoorloof wanneer Matshidiso swaarde kruis met KK.

-

Muvhango

Weekdae SABC2 (*192) 21:00

Om die trofeemeis­ie te wees werk nie meer vir Matshidiso (Buhle Samuels) nie. Sy is moeg daarvoor om haar te laat hiet en gebied deur haar beheervraa­tkêrel, die sakeman KK (Macdonald Ndou), wat haar op Woensdag 13 September verhinder om met haar eie besigheid te begin. “KK het nog altyd mag gehad oor Matshidiso,” verduideli­k Buhle. “Hy dink hy besit haar, maar sy’s bereid om enigiets te doen om haar vryheid terug te kry.” Terwyl KK aan maniere dink om sy greep op Matshidiso te verstewig, is sy besig om planne te beraam hoe sy KK se maatskappy kan steel. “En dis nie al nie,” verklap Buhle. “Sy wil die helfte hê van alles wat hy besit! Matshidiso het vuil truuks by KK geleer, en nou is dit haar beurt om by die meester oor te neem.”

MYNE, MYNE!

Lojaliteit is ’n woord wat niks vir Matshidiso beteken nie. En dit word ’n skok vir KK wanneer hy op Vrydag 15 September ’n dagvaardin­g kry om in die hof te verskyn – dit blyk Matshidiso was ernstig met haar dreigement­e om sy twyfelagti­ge besigheid aan die kaak te stel. “Met al die geheime wat sy van KK weet, is Matshidiso op ’n missie om hom te vernietig,” sê Buhle. “Sy’s straatslim. Sy het nie so ver gekom deur opreg te wees nie!” Matshidiso het juis in September 2015 die operasione­le bedryfshoo­f van Mukwevho Holdings geword omdat sy haar pad boontoe oopgeslaap het deur KK te date. En KK is nie die enigste een in Matshidiso se visier nie. “Sy wil Thandaza (Sindi Dlathu) en haar maatskappy Basadi aanvat. Matshidiso dink sy kan nou met die grotes saampraat. Sy’s jonger, sexier en het meer dryfkrag as Thandaza, dus dink sy sy verdien alles waarvoor Thandaza so hard gewerk het,” sê Buhle.

MAGSPEL

KK probeer homself uit die moeilikhei­d koop op Maandag 18 September en bied Matshidiso geld aan, maar sy weier. “Dis haar manier om vir KK te wys sy is in beheer en sy gaan hom laat ly soos sy op haar tande moes kners terwyl sy hom gedate het,” lag Buhle. Die verwarde KK moet op Dinsdag 26 September opnuut planne beraam wanneer sy gepleit by Matshidiso op dowe ore val. “Sy het die hef in die hand, en hy weet wat sy aan hom gaan doen as sy geheime in die hof uitkom,” sê Buhle. “KK is op die randjie van die afgrond!”

 ??  ?? Matshidiso het haar planne reg om haarself te laat geld.
Matshidiso het haar planne reg om haarself te laat geld.
 ??  ?? KK word onkant gevang.
KK word onkant gevang.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa