TV Plus (Afrikaans)

Welkom terug, Hanli

Nicole Holm praat oor kosmaak, ma-wees en haar Boekklubka­rakter.

-

Die Boekklub Seisoen 2 Dinsdae kykNET (*144) 20:00

Toe die boervrou Hanli Oberholzer (Nicole Holm) aan die einde van Die Boekklub (2016-nou) se seisoen 1 uitvind sy’s weer swanger, het Nicole gedink haar dae op stel is getel. “Ek het gedink dit was die einde van my karakter en haar reis,” vertel Nicole (43). Maar sy’s terug in seisoen 2 (2017) en moet haar oudste dogter, Kara (Karli Heine), se selfdoodpo­ging verwerk. “Louis Pretorius [regisseur en skrywer] het werklik ’n haas uit ’n hoed gepluk met Hanli, en ek kan hom net bedank vir haar karakteron­twikkeling.”

KNAP IN DIE KOMBUIS?

As Die Boekklub-liefhebber­s weet ons Hanli bring die graagste tyd in haar kombuis deur, besig om die volgende dis aanmekaar te slaan. Nicole sê anders as haar karakter sal mense haar nooit voor die kospotte kry nie.

“Nee wat, ek sal eerder die soetgoed eet as maak. Maar ek moet bieg ek het eerder ’n souttand as ’n suikertand. Pizza is ’n gunsteling,” sê sy laggend.

MA-WEES

Nicole is danig oor haar vyfjarige tweeling, Rossouw en Wouter, by haar lewensmaat, Dirk Cilliers, ’n argitek. “Woorde kan nie beskryf hoe my kinders my wêreld ophelder nie. Ek’s onvoorwaar­delik lief vir hulle. Dis ’n karakterei­enskap van Hanli wat ek goed verstaan.”

Ná Kara se selfdoodpo­ging (8 Augustus) het Hanli antwoorde gesoek, veral by Kara self, maar Kara was nie gereed om haar hart teenoor haar ma oop te maak nie. “Nes Hanli soek ek ook antwoorde op goed wat my pla en sal baiekeer nie rus voordat ek die antwoorde kry nie. Maar soos Hanli moes ek leer om terug te staan.”

AGTER DIE KAMERA

Nicole is ook dosent aan die Universite­it Stellenbos­ch, en gee klas in toneelspel en spraak. “Dis wonderlik om my passie vir drama met studente te deel. Dis my vorm van mentorskap.”

Nicole sê sy’s baie opgewonde oor die opbloei wat sy die afgelope paar jaar in die Afrikaanse fliek- en TVbedryf ervaar het. “Oral waar jy kyk is daar Afrikaanse vermaak. Dis werklik besonders.”

 ??  ?? Die aktrise Nicole Holm en haar vyfjarige tweeling, Rossouw (voor) en Wouter. Die Boekklub-karakter Hanli (regs), haar man, Johan, en dogter Kara.
Die aktrise Nicole Holm en haar vyfjarige tweeling, Rossouw (voor) en Wouter. Die Boekklub-karakter Hanli (regs), haar man, Johan, en dogter Kara.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa