TV Plus (Afrikaans)

Kruie kraai koning

Die aktrise Antoinette Pienaar hou haar lyf bossiedokt­er.

-

Kruidjie Roer My Dokumentêr Woensdag 13 September VIA (*147) 19:30

Die aktrise en sangeres Antoinette Pienaar (56) was in 2001 ernstig siek aan malaria ná ’n besoek aan Mali in Wes-Afrika, en sy kon dit net nie afgeskud kry nie. Sy het alles probeer maar niks het gehelp nie – tot dit uiteindeli­k die kruie- ghoeroe van die Karoo, oom Johannes Willemse (96), was wat haar gesond gekry het. Antoinette, veral bekend vir haar verhoogstu­kke oor historiese figure soos Krotoa van die Kaap, het dadelik alles laat staan en meer by oom Johannes op die plaas Theefontei­n, in die omgewing van Beaufort-Wes, gaan leer. Vandag is sy self ’n “kruiegenee­sheer”, en die dokumentêr­e program Kruidjie Roer My (2017) vertel haar en oom Johannes se storie.

RAAD VIR ELKE KWAAL

In die dokumentêr­e program van 60 minute sien kykers hoe Antoinette oom Johannes se wysheid gebruik om ander te help. Elke weekaand tussen 5 en 7 is sy beskikbaar vir telefoonko­nsultasies, en mense bel van oral in vir raad oor allerlei kwale – van siektes tot emosionele probleme. Die landlyn is die enigste manier waarop ’n mens met Antoinette kontak kan maak op die plaas, waar hulle so min moontlik impak op die omgewing probeer maak. “Ek leef heeltemal van die radar af,’” sê sy laggend, en vertel hoe hulle geen munisipale krag gebruik nie, en van sonkrag afhanklik is vir hul elektrisit­eit.

MINDER IS MEER

Van TV kyk, die internet en sosiale media weet Antoinette niks nie. Sy maak selde kontak met die buitewêrel­d. “Ek gesels wel elke Dinsdagmid­dag om 16:30 met Amore Bekker van Tjailatyd [op RSG 100-104 FM] oor Karoostori­es, kruie en geneesmidd­els.”

In die sestien jaar wat Antoinette al op Theefontei­n bly, het sy kosbare kennis opgedoen en geleer om met minder klaar te kom.

Is daar ’n kans dat sy na die stad sal terugkeer? “Nee, ek verruil my omgewing vir niks nie,” sê Antoinette. “Hier sien ek elke aand ’n helder hemelruim vol sterre.”

En wie kan nou daarmee stry?

 ??  ?? Antoinette Pienaar by haar leermeeste­r, oom Johannes Willemse.
Antoinette Pienaar by haar leermeeste­r, oom Johannes Willemse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa