TV Plus (Afrikaans)

Authentiek

-

Seisoen 2 SABC2 (*192) 19:30 Leefstyl

Geen uitdaging is te groot nie vir die gestremde sanger Mathys Roets, ’n parapleeg sedert sy motorfiets­ongeluk in 2009. Of hy uit ’n vliegtuig moet spring, haaihok-of skubaduik, abseil of rekspring, hy’s nie bang nie. “Die grootste uitdaging is nie die aktiwiteit self nie, maar die proses om die punt te bereik waar jy dit self uitvoer,” vertel Mathys.

Wat is die reeks se doelwit? Authentiek gaan nie daaroor of ’n gestremde persoon soos ek die aktiwiteit­e kan baasraak of nie. Met die reeks wou ons wys daar is dinge daarbuite wat almal kan doen sonder om baie dapper te wees. Was daar enige aanpassing­s wat jy byvoorbeel­d met jou rolstoel moes doen om aan die aktiwiteit­e deel te neem? Ek het spesiale dik bande vir my rolstoel gekry, maar verder het ek geen verstellin­gs nodig gehad nie. As ek nie self met my rolstoel op sekere plekke kon kom nie, was ek in die hande van ’n profession­ele span wat my gedra het. Watter uitdagings was vir jou die lekkerste?

Ek dink die skubaduik (episode 1) en die haaihokdui­k (episode 25). Ek het ’n wonderlike gevoel van vryheid ervaar. As ’n mens in die water is, vergeet jy jy is fisiek gestremd. Die Oribi Gorgeswaai in die natuurrese­rvaat naby Port Shepstone (episode 24) was nog ’n hoogtepunt.

Het jy enige risiko’s geneem? Ons het elke episode deeglik beplan sodat risiko’s sover moontlik uitgeskake­l word, en om te kyk of dit prakties uitvoerbaa­r is. In seisoen 1 moes ek byvoorbeel­d van ’n krans in Waterval-Boven abseil. Dit was ’n hele proses om my tot by die rots te kry, en ek kon nie lank op die rots sit en wag voordat ek spring nie, want dan kon ek beserings opdoen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa