Jan Braai Vir Erfenis
Seisoen 7 kykNET (*144) 18:30 Leefstyl
Jan Scannell (36) van Jan Braai Vir Erfenis (2012-nou) deel met tvplus een van sy gunsteling-braairesepte, die braaivryheidsvegterburger. “Burgers is ’n wenner en hierdie braai-vryheidsvegter speel nie speletjies nie,” sê Jan.
BESTANDDELE (VIR 4 MENSE)
1 sopie olyfolie 2 rooi uie, gesny of gekap 2 rooi soetrissies 2 huisies knoffel, gekneus en gekap 1 teelepel brandrissiepoeier 2 teelepels paprika 2 tamaties, gekap 1 sopie tamatiepasta ½ koppie beesaftreksel 1 kg steak-maalvleis 1 teelepel seesout 1 teelepel swartpeper 4 hamburgerrolletjies, gebotter 1 koppie suurroom Vars pietersielie – vir garnering
LAAT WAAI!
• Verhit die olie en braai die uie en soet
rissies tot sag. Voeg die knoffel by. • Voeg die brandrissiepoeier en paprika by en roer. Voeg die tamaties, tamatiepasta en beesaftreksel by en roer tot gemeng. • Sit die deksel op en laat prut. • Verdeel 1 kg maalvleis en vorm in 4
frikkadelle. • Braai so 8 minute oor baie warm kole
en draai net een keer om. • Maal of strooi seesout en swartpeper
oor albei kante voor of terwyl jy braai. • Verwyder die deksel van die sous. • Vir bonuspunte, rooster die hambur
gerrolletjies oor die kole. • Bou die burger: rolletjie, frikkadel, braai-vryheidsvegtersous, ’n lepelvol suurroom en garneer met gekapte pietersielie.