Moderne polisie
Tegnologie transformeer Chicago se vervalle 13de distrik in ’n misdaadvoorkomings-droom, maar dit skep ook probleme . . .
Seisoen 1 Woensdae M-Net (*101) 19:00 (begin 22 November)
Vergeet van die outydse radiooproepe wat polisie opdragte gee op misdaadtonele. In die aksie reeks APB (2016) is die “All Points Bulletin” vervang met beter tegnologie en slimfoon-apps om die polisie te help om skurke te vang. Gideon Reeves (Justin Kirk), ’n slinkse miljardêringenieur, koop die moordgeteisterde 13de distrik in Chicago nadat ’n vriend voor hom vermoor word omdat die polisie te lank gevat het om op ’n 911-oproep te reageer. En nou dwing hy die polisie die toekoms in met sy uitvindings.
WERKLIKE GEBEURE
Terwyl Gideon se slimfoon-app nog nie vir Jan Alleman beskikbaar is en die helfte van sy tegnologie fiktief is, is dit wel met die regte wêreld verbind, sê die vervaardiger Matt Nix. “APB is geïnspireer deur Sidney Torres in New Orleans, ’n misdaadslagoffer. Hy het ’n klein polisietaakmag gefinansier om die stad te patrolleer.” In APB word gebruik gemaak van mense wat die polisie op- die-minuut-inligting oor misdade gee, nes dit die geval was vir Sidney en sy bure, wat kitsboodskapdienste soos WhatsApp inspan. “Sosiale media is onmiddellik,” sê Matt. “Dit is die inspirasie agter die reeks se slimfoon-app wat gebruik word.”
POLITIEK OPSY
Moenie dink APB gaan net oor skelms vastrek nie. Politiek speel ook ’n belangrike rol, vertel Matt. “Daar’s mense wat graag wil sien dat Gideon faal. Nie almal is so eerlik soos hy nie, en hulle stuur agente onder die dekmantel om hom om elke hoek en draai te saboteer. Hy w wil goed doen, maar hy word ve verhoed. Hy het goeie bedoel lings, maar sy vyande het hul m mes in vir hom.”
NUWE TEGNOLOGIE
Gi Gideon se innoverende tegnologie sal die ingenieur Tony Stark van die Iron Man-flieks (2008-nou) beïndruk. Daar’s motorfietse wat ingeboude spykerstroke het om ander se wiele te af te blaas, baadjies wat enige koeël kan keer en hommeltuie met kameras. Solank Gideon net sy vriend se moordenaar kan vang.