Hier volg die nuus
Die stroomdiens Netflix het sy politieke riller House Of Cards (2013-nou) gekanselleer nadat die ster Kevin Spacey erken het hy het wel onwelvoeglike seksuele toenadering in die verlede gesoek. Seisoen 6 gaan die laaste seisoen wees en Kevin se karakter, Frank Underwood, gaan waarskynlik van skerm af sterf, want die netwerk “wil niks met hom te doen hê nie. Hulle het ook ander projekte met Kevin gekanselleer en foto’s van hom van hul webwerwe en dienste onttrek,” volgens ’n ingeligte. Warner Bros. en die aanlynvideodiens Amazon voer glo gesprekke oor ’n TV-reeks oor Lord Of The Rings, en Amazon se baas, Jeff Bezos, “hanteer self die onderhandelings”. Dit is nie bekend of enige akteur in die flieks (2001-2003) hul eie rol sal speel nie, maar volgens bronne “gaan dit ’n baie duur operasie wees. Die regte vir Tolkien se werk kos meer as $250 miljoen (R3,6 miljard) en dan moet die produksiekoste nog bygereken word!” BEDERFBROKKIE! Fans van Days Of Our Lives (1965-nou) in die VSA kry ’n dubbele dosis van karakters wat uit die dood terugkeer. Nie net lewe Will (Chandler Massey) weer nie, maar Eileen Davidson het laat glip dat dit iets te doen het met haar terugkeer as Susan (sien bl. 18 vir Susan se huidige storielyn). “Die skrywers het hulle op ’n koel en onverwagte manier verbind, dis terselfdertyd snaaks, tragies en vermaaklik,” terg sy. Diana Gabaldon, die skrywer en skepper van die periodefantasie Outlander (2014-nou), het bevestig die reeks gaan aan en uitgevaar teen aanlynkritici “en kenners wat dink hulle ken my gedagtes”. Volgens hulle beplan sy om die hoofkarakters Jamie en Claire (Sam Heughan en Caitriona Balfe) te laat sterf, want “ek is ’n ouma en wil nie meer boektoere doen nie. Dit is glad nie waar nie,” sê Diana. Die komende Superman-voorreeks, Krypton, het die oupa van Superman gevind vir sy uitreiking in 2018. Cameron Cuffe ( William in die Britse periodedrama Halcyon, 2017-nou) sal die rol vertolk van Seg-El, ’n ingenieur wie se familie uitgesluit word op die planeet Krypton 200 jaar voor Kal-El/ Superman gebore is, en “hy baklei om die planeet te red van chaos en terreur,” sê Cameron. Paula Malcomson (Abby in die drama Ray Donovan, 2013-nou) sluit by hom aan as die matriarg Charys-El. Die D sangeres-aktrise Brandy Norwood N het gerugte laat ontstaan o dat Moesha (1996-2001) ( dalk hervat h gaan word nadat n sy en haar medesterre m saam was w op die kletsprogram p The Real (2013-nou). ( “Ons het ’n slot nodig, want w die laaste episode e het op ’n spannende s noot geëindig. Miles is ontvoer, ons weet nie wie swanger was nie . . . ’n Mens weet w nooit.” Hoewel H die riller- dramareeks True T Detective (2014-nou) in elke e seisoen nuwe spelers en nuwe storielyne het, het Woody Harrelson reeds “enige aanbieding” van die hand gewys en gesê: “Ek wil nie hê iemand moet sê: ‘ Hy is nie so goed in dié rol nie’ of ‘ die eerste een was beter’ nie. Ons het fantastiese werk in die eerste seisoen gedoen en ek is trots daarop.” Fans van die sci-fi-reeks Westworld (2016-nou) sal dalk tot 2019 vir seisoen 2 moet wag nadat Zahn McClarnon (Mathias in die aksieprogram Longmire, 2012-2017), wat ’n herhalende rol speel, “’ n ernstige besering” opgedoen het.