TV Plus (Afrikaans)

Wraakgedag­tes

Vanessa vra Hettie se hulp sodat sy self vir Natalie, Karmen se ontvoerder, kan opspoor wanneer die polisie sloer.

- 7de Laan

Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Die raaisel wie agter Karmen Meintjies (Gabriella Linton) se verdwyning sit, is uiteindeli­k begin November opgelos. Die vierjarige Karmen is by die armsalige Hettie (Karin van der Laag) en haar seun,

(Rikus Strauss), in ’n plakkerska­mp gevind. “Hettie is desperaat om Kleintjie – die noemnaam wat sy vir Karmen gegee het – te sien sedert die polisie die dogtertjie (op Woensdag 15 November) by Hettie weggeneem het,” vertel Karin. Dus dink Hettie nie twee keer om op Woensdag 6 Desember na Karmen se ma, Vanessa (Ingrid Paulus), se woonstel te gaan wanneer Vanessa haar nader nie. Vanessa is op soek na Karmen se ontvoerder,

(Daniella Deysel), wat Hettie omgekoop het om “net vir ’n rukkie” na Karmen te kyk, maar toe spoorloos verdwyn het. En Vanessa het nou Hettie se hulp nodig.

Tjattas Natalie NATALIE MOET BOET

Hettie is teleurgest­eld wanneer Vanessa met haar aankoms sê Karmen is nie daar nie. Dan wys Vanessa vir Hettie foto’s van Natalie, wat sy teen die tyd seker is die skuldige is, in die hoop dat Hettie haar sal herken. “Hettie sukkel om te besluit of die vrou op die foto Natalie is of nie, want die vrou is blond en die een wat Hettie onthou het donker hare gehad. Sy kan dus nie vir Vanessa bevestig of dit Natalie op die foto is nie, maar weens haar desperaath­eid om Kleintjie te sien sal Hettie enigiets sê of weerhou as dit haar kan help om weer die kind te sien,” verklap Karin.

Vanessa raak op Donderdag 7 Desember ál meer gefrustree­rd met die polisie wat met die ondersoek sloer. Sy soek antwoorde en sy wil Natalie met haar kaal hande bykom en sweer later die dag wraak. Sy begin haar eie ondersoek met die hulp van haar kollega (Dann-Jaques Mouton), en teen Maandag 11 Desember spoor sy uiteindeli­k vir Natalie op. Kykers moenie die vuur in Vanessa se oë miskyk wanneer sy die merrie sien nie. Die bloed gaan vloei!

Justin 7DE LAAN GEE TERUG

Baie moeite is gedoen om die storielyn van Hettie en Tjattas so eg moontlik te laat lyk. “Ons het by ’n werklike plakkerska­mp – Munsievill­e in Krugersdor­p – skote geskiet,” sê die skakelbeam­pte, Rosa-Mari le Roux. En op Saterdag 4 November is die Munsievill­ers met klere- en kospakkies bedank toe die span en akteurs, insluitend Karin, Jacques Blignaut (Vince) en Thabo Mountain (Kopano), gaan besoek aflê het. “Ek sal nooit die uitdrukkin­g op die kindergesi­ggies vergeet toe ons die pakkies uitdeel nie,” sê Karin. “Die ervaring het my diep geraak.”

GELEENTHED­E VIR GROENTJIES

Die bestuurspa­n van 7de Laan het besluit om hul jaarlikse internskap­pe aan jong akteurs te bied wat graag die bedryf wil betree.

(Dimpho More), die Oppiekoffi­e-kelnerin, is in September verwelkom, (Duanne Williams), die boetiekass­istent, in Oktober en

(Nadia Herbst), die boekwinkel­assistent, in November. Nadia (22) sê sy het van kleins af gemaak of sy Paula (Diaan Lawrenson, 2002-2016) is. “Ek het vir my ouers gesê hulle gaan my eendag in Hillside sien.” Vir Dimpho (23), van Nelspruit, was dit ’n hoogtepunt om Hilda (Annelisa Weiland) met hoëhakskoe­ne te leer loop en vir Duanne (26), van Kaapstad, is die werk “’n seëning”. Die interns se storielyne word tans ontwikkel en Rosa-Mari sê ons gaan hulle nog lank in 2018 sien.

Nozi Olivia Vernon

 ??  ?? Hettie (links) help Vanessa met haar ondersoek. Karmen is oplaas by Hettie gevind.
Hettie (links) help Vanessa met haar ondersoek. Karmen is oplaas by Hettie gevind.
 ??  ?? Hillsiders sê dankie aan Munsievill­e.
Hillsiders sê dankie aan Munsievill­e.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa